Maak seker jy mis nie hierdie verjaardagpartytjie! Ouma Bella word 85! ‘n Kinderteaterstuk vol avonture. Dankie aan Charl Bence Photography vir die pragtige foto's.
22-24 Maart 10:00
24 Maart 18:00
Kaartjies R20
#HSBellville 🇷🇴🦁 #LeeuTrots#sedert1937#85jaar#HSBKultuur
1937-2022 🦁🇷🇴 Skole is mense. Dit is leerders, ouers, personeel en oudleerders wat skole maak, nie geboue en terreine nie. Vanjaar herdenk ons die 85ste bestaansjaar van hierdie ongelooflike skool waarvan ons deel is. Ons wens almal 'n voorspoedige 2022! #weesdierede#leeutrots
📣 Genomineerde ouers vir #Beheerliggaamverkiesing2021. Die verkiesing vind op 10 Maart plaas. Elke ouer kan van 06:30-18:30 by die stemlokaal in die voorportaal stem of op 'n deurry (Drive Through) manier op hierdie tye: 06:30-08:00 OF 13:30 - 15:00. https://t.co/h8Iy3cld40
📣 NUUSFLITS 📣
Die bestuur van die skool het besluit om vanaf Woensdag, 3 Maart, ALLE leerders terug te bring skool toe. Klik hier om die volledige brief uit mnr. Du Plesiss se kantoor te lees: https://t.co/dTyBcZ97bp
🔵 UIT DIE HOOF VAN SPORT SE KANTOOR 🔵
Daar sal tot 4 Maart sportoefensessies ná beide van die skooldae (eerste- en tweede sessie) plaasvind. Hier is die aangepaste oefentye vir die verskillende sportkodes: https://t.co/4NRtB7wcpb https://t.co/4mW057OdLl
📣 BELANGRIKE KENNISGEWING 📣
Beheerliggaamverkiesing: 10 Maart 2021. Die Beheerliggaam speel 'n baie belangrike rol in die skool. Ons doen 'n beroep op ouers om hulle bereid te verklaar om op die beheerliggaam te dien. https://t.co/WAcWzAVqU7 #ParatusAdOmnia#GereedVirAlles
🏉🏐🏑🏏🏃♀️🏃♂️ 🎾 #SPORT gedurende die Nov./Des.-eksamen: Datums en tye van die skool se kondisioneringsprogram en die verskeie sportkodes se oefensessies; reëlings vir 16 Nov. tot 4 Des; sportkampe gedurende Des.
#LeeuTrots 🦁 #HSBellville
"Naelafsprake word gemaak, die haarkapper se deure is nie wyd genoeg vir al die klante wat gaan instroom nie en dansskoene word afgestof. #Matriekafskeid is om die draai!" Lees meer hieroor en kry eksamenwenke in die #SAPIENS se 10de pamflet-uitgawe: https://t.co/L3JYB3E7c8
🔵Spesiale boodskap aan ouers van mnr. Du Plessis🔵 Baie dankie vir u ondersteuning gedurende hierdie tyd en dat u u kind aan die skool toevertrou. Ek wil egter ‘n paar sake uitlig... Klik hier om sy volledige brief te lees: https://t.co/4ml2i8WQP3 #ParatusAdOmnia#HSBellville
🏆 TOP 20 | 1STE KWARTAAL 2020
GRAAD 12 🏆
Baie geluk aan ons akademiese toppresteerders van die 1ste kwartaal. Jul harde werk en volharding maak ons #LeeuTrots!
Klik hier om die lys in pdf-formaat te kry: https://t.co/AxbyScpXvX