.@afriforum het die metro sewe werksdae gegee om te bevestig dat ’n formele ondersoek van stapel gestuur is en om terugvoer oor die proses te verskaf. Indien geen bevredigende reaksie ontvang word nie, sal die organisasie verdere administratiewe en regstappe oorweeg om aanspreeklikheid af te dwing.
“Niemand, ongeag hul politieke amp of posisie, mag munisipale hulpbronne vir persoonlike of partypolitieke gewin gebruik nie. Indien hierdie optrede toegelaat word om voortgesit te word, skep dit ’n gevaarlike presedent waar belastingbetalers uiteindelik politieke veldtogte befonds,” sluit Hemmens af.
Die waarheid oor grondeienaarskap en eiendomsregte in Suid-Afrika
2026 gaan ’n waterskeidingsjaar vir eiendomsreg wees. Staan saam met AfriForum - https://t.co/MLKc2guM8H