Is seker maar oud en dof en uncool want tot vandag het ek nog nooit van Billie Eilish gehoor nie. Ek verstaan ook nie juis haar vibe en die lawaai rondom die chick nie. Seker maar oud ek knor.
Help my reg as ek verkeerd is. Hier waar ek tussen baie hoë dennebome aan die voet van 'n tipe berg woon, het ons nog nie juis 'n vreeslike somer gehad nie. So hier en daar 'n warm dag, ja. Maar nog nie somer somer... https://t.co/QotFInhEa1
Toe ek jonger was en nog baie moes leer, het ek sekere dinge nie verstaan nie. Soos om 'n knie te he. Soos in "Jy weet man, ek het mos hierdie knie". Soos ander mos 'n rug het, of 'n heup. Die knie wat soms... https://t.co/QO9PS3Jvk6
Name vir plekke en mense interesseer my nog altyd. Dink maar aan Kanye West en Kim se North. Hoe besonders. En waar kry Lekkerdrink sy naam, of Karos waar my ma as kind naby Leerkrans en Upington grootgeword het... https://t.co/ARfEYZqEim
Hier rond het die somerweer darem nou lelik omgesit en so 'n koele wind met hom saamgebring. Een wat ruk aan die mure, ratel aan die vensters, herinner aan Augustus.
Pas gelees: After 11 years and over R200 billion not a single unit at the Kusile Power Station is running. Nou dink ek maar so: dit het darem seker erg daar by Kusile gereen dat daar geen droe kole is nie. En vroeer jare? Nie gereen nie? WOW.
Sommer al van vroegoggend af vat die countrylegendes op die draadloos mens op ou paaie terug. Patsy Cline en Patsy Cline en Patsy Cline. As klein kind het daai streelstem my reeds bekoor en het ek agter my mooi ma en... https://t.co/bHOgzyDdkb
Eskom word vele dinge genoem, beskrywings waarmee ek nie probleme het nie. Veral die effens meer gegeurdes.En: ek dink nie 'kragreus' is 'n goeie keuse nie. Of woorde soos beurtkrag vir 'uselessness' nie.
Nogal 'n bietjie warm vandag. Windstil tussen die denne, met die son wat oral vatplek kry. Sê die een wat graag vertel hoe passivol hy is oor die somer.
Walliese Mannekoor, Leontyn Price, Willem Pelser, Die oudste program, Gé, Fritz Wunderlich, Die Burger en Die By, Ave Maria, Gert Potgieter, Beethoven, Strachan se Recce, Messteek in Den Haag, nog een in Londen,... https://t.co/m9qKWmwaRW
Hierdie is een van daai hartseer winde, een wat aan die rand van die Karoo moet kerm Augustus. Een wat nie vertroos wil word nie. Soos 'n meisie in haar liefde verlaat. Hy rol hier oor die berg van Agulhas af aan en... https://t.co/P5jYOo1Txm
Gedagte vir die dag wat ek êrens hier op FB raaklees (kan nie onthou by wie nie, jammer): The greatest tragedy of all is not to die but to never have lived. Laat my keel toetrek. Maak mens onrustig.
Lê en lees 'n BAIE interessante boek van Zander Strachan oor die Recces. Dis of ek weer 'daar bo' is, daar in 1979. Moet dalk so 'n paar aantekeninge maak. Memories.
Moet nooit van iemand wat nie van computers hou en hulle werkinge nooit gaan verstaan nie, verwag om soos die eksperts werk te doen waar frases soos 'rapidly scale & apply resources' in elke 3de sin voorkom nie, of... https://t.co/638UZS1HgE