Hy het in die tuin van my hart gestap
Ongenooid
Sy vingers deur die lang gras gevleg
Met sy oë wat blink soos die son van binne af skyn
Hy het die rose van my hart gepluk
Die rose wat EK daar geplant het
En die letsels wat dit gelos het,
het hy gebruik as kompos vir syne
Soos ek op jou bors lê en luister hoe jou hart klop, kan ek hoor hoe hy vir my sê ‘pasop’.
Jy het probeer, maar jou hart het geweet. Jou liefde is toe gebou en ek was te swak om die mure te klim.
katedraal van amper
sy het nooit gedink sy gaan so lank leef nie
sy is die meisie wat niks klaar
maak nie, altyd dwaal, altyd verlore
maar sy het leer lief raak vir die klanke van haar eie voetstappe
terwyl sy wandel op die paadjie van eensaamheid
sy het geleer om net te wees
Jy het my herinner hoe dit voel om verlief te wees, terselfde tyd het jy my herinner hoe dit voel om te breek. Want ek het verlief geraak op iemand wat nie dieselfde liefde vir my kon terug gee nie.