Sonder ’n anonieme wenk sou Karan Beef – Suid-Afrika se grootste voerkraalmaatskappy – onwetend 96 speenkalwers wat moontlik onwettig uit Botswana ingevoer is, in sy voerkrale opgeneem het. Owerhede ondersoek tans die kalwers se oorsprong.
https://t.co/nuxgDUTJae
Woede, vrees en frustrasie neem toe onder kommunale en kommersiële veeboere in die distrik Dewetsdorp in die Vrystaat. Onwettige beweiding en veediefstal duur onverpoos voort, soms met dodelike gevolge.
https://t.co/9EaDGVzqV3
Reinier Linde (47), wie se lyk op die oggend van Vrydag 6 November langs ’n grondpad in die KwaZulu-Natalse platteland in die noorde van provinsie gevind is, was ’n steunpilaar in Suid-Afrika se jag-, ekotoerisme- en landboubedrywe.
https://t.co/T65rZV2bxZ
Die beoogde uitsluiting van Suid-Afrika van die voordele van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) vanaf 1 Januarie 2027 kan ’n waardevolle suikeruitvoermark vir die plaaslike bedryf knou.
https://t.co/Mu9ui8ZmiM
🐔 Want to make your broiler business more profitable?
The right choices before your chicks even arrive can make a difference. Find out what to consider!
👉🏾 https://t.co/OIMK1ISn3G
#BroilerFarming#PoultryFarming#FarmTips#Agribusiness
https://t.co/rc7woDbp8p
’n Oos-Kaapse boer sterk tans aan nadat gewapende rowers hom aangerand het. Agri Oos-Kaap het bevestig dat dit die derde aangemelde plaasaanval vanjaar in dié provinsie is.
https://t.co/xnZsZQKaP1
Die voormalige Springbok-haker Bismarck du Plessis en sy broers bedryf die Janmarck Beefmaster-stoetery naby Bethlehem in die Vrystaat.
https://t.co/T8pFf1G6YU
Maak jou boerdery toekomsbestand met Landbou24.
Registreer jou plaas vandag gratis en kry toegang tot voordele. Sluit aan by die Landbou24-ekostelsel en lê die digitale grondslag vir slimmer handel.
Leer meer: https://t.co/gxam6g4St4
Namibië het ’n drie maande lange inentingsveldtog teen bek-en-klouseer in aangewese gebiede van die Karasburg-staatsveeartsdistrik gelas. Beeste, skape, bokke en varke in dié gebiede moet drie keer ingeënt word.
https://t.co/o4FkUrcVdx
Die sowat 6 600 beeste wat tot 280 dae ná hul beplande slagdatums in Botswana se twee grootste private voerkrale gestrand was, word uiteindelik, stadig maar seker, geslag.
https://t.co/7Tdx75jQms
Die saak teen twee mans wat Donderdagoggend op Ottosdal in die hof verskyn het in verband met die moord op Hannetjie van Zyl (55) op 5 Oktober vanjaar, is tot Dinsdag 20 Oktober vir ’n moontlike formele aansoek om borgtog uitgestel.
https://t.co/hagTzTlAB6
Vriende in die boeregemeenskap het die vermoorde Hannetjie van Zyl (55) se familie ondersteun tydens die roudiens wat in Wolmaransstad in Noordwes vir haar gehou is. Van Zyl is dood ná ’n aanval op haar by die plaashek van Doornpan net buite Ottosdal.
https://t.co/hw9NmRM8t1
Die voorgestelde regulasies oor diere-identifikasie wat onlangs vir openbare kommentaar oopgestel is, is ongeldig omdat dit kragtens die verkeerde wet opgestel is, sê die rooivleisbedryf.
https://t.co/rkUoQsfKBr
Ilse Lombard, wat al jare lank aan die Royal-skou se bokkompetisies deelneem en pryse wen, het haarself vanjaar oortref. Twee van haar boerbokke het die titels van algehele grootkampioenram en algehele grootkampioenooi gewen.
https://t.co/LhxJGGks6I
’n Superlamkarkas is Saterdagmiddag op die karkasveiling van die Royal-landbouskou in die KwaZulu-Natalse Middelland vir R110 580 verkoop, terwyl die duurste beeskarkas R21 929,60 behaal het.
https://t.co/GWxjhVn6Sv