They come to us carrying more pain than any child should ever know.
But with time, care, and community, they learn to trust again.
They become artists. Dreamers. Leaders.
Thank you for helping us write these brave stories.
A child needs more than just shelter.
They need someone to tuck them in at night, cheer them on and to say, "I'm proud of you."
That’s what Abraham Kriel Children’s Home in Nylstroom offers
💛 Help us keep building a home where healing happens: https://t.co/KNxPb6z5ni
ʼn Huis is nie net bakstene en mure nie – dis mense.
Mense wat omgee. Personeel wat nooit moed opgee nie. Vrywilligers wat opdaag. Vriende wat daar is wanneer dit saak maak.
As jy dit lees, is jy deel van ons gemeenskap.
Dankie dat jy ons help om ons kinders groot te maak.
Twaalf van ons skoolverlaters het die voorreg gehad om aan ʼn geakkrediteerde noodhulpkursus in Hazyview deel te neem – ʼn waardevolle toevoeging tot hul CV’s.
Leer hier meer oor wat die kursus behels het: https://t.co/xo0sJk9LNO
Life has already been tough for the 170 children at the Abraham Kriel Children’s Home.
But you can be the reason they feel safe again.
Donate to AKK and become a part of their healing journey: https://t.co/8I3XjNRqJL
May we always remember that no matter what circumstances these children have been removed from, they still deserve to experience the magic that life has to offer.
Ons het ʼn dringende behoefte aan lugversorging vir ons kinderhuisbus en doen ʼn beroep op ons vriende en ondersteuners om ons te help om dit te finansier.
Klik hier om ʼn bydrae te lewer: https://t.co/4xj32f5Zdi
Ons koskaste, yskaste en seepstoor is amper leeg!
Ons ʼn dringende behoefte aan vleis, nie-bederfbare kosprodukte en seep.
Vir die volledige lys klik hier: https://t.co/k7RgdNhJxC
Enige hulp sal opreg waardeer word!
“The purpose of human life is to serve, and to show compassion and the will to help others.” (Albert Schweitzer)
Ons is dankbaar om daagliks hierdie diens by die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom te lewer.
Dis skemer by die kinderhuis, ʼn reuk hang swaar in die lug,
een wat vir Karel laat wens hy kon vlug.
Hy dink aan die dis en sy maag begin draai:
“Ag nee, dis weer ant Sophie se broccoli daai!”
Klik die skakel en spaar ons kinders die broccoli-verdriet! https://t.co/hj0vTaEiBa
Die waarde van ʼn maandelikse bydrae aan die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom strek verder as wat met die blote oog gesien kan word. Uiteraard sorg jou donasie vir kos op die tafel, maar dit sorg ook vir ʼn gesonde liggaam wat ʼn gesonde gees huisves.
https://t.co/ewxmhLAIsI
Vandag vier ons die inspirerende suksesverhaal van Sanet Basson.
Sy het in Mei haar onderwysgraad ontvang by die Universiteit van Pretoria.
Baie geluk Sanet, ons Abraham Kriel Nylstroom- familie is onsettend trots op jou!
https://t.co/iG78UgxFVA
Vandag eer ons die moed van Suid-Afrika se jeug en veral die 170 kinders in ons sorg.
Ons is hier om ons kinders te bemagtig met liefde, veiligheid en die kans om vrylik te droom. Want elke kind verdien om gesien, gehoor en gevier te word.
Elize Sauer, een van ons maatskaplike werkers, het besluit om met die 37 kinders op haar gevallelading te gaan stap.
Wat aanvanklik begin het as dorpstappies, het in 2024 ontwikkel tot die aandurf van hulle eerste staproete in die Waterberge: https://t.co/vAzuEubsY7
By die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom verstaan ons dat nie almal in hierdie moeilike en onseker tye groot bedrae kan skenk nie.
Jy kan dalk nie ons koskaste aanvul of iets laat aflewer nie, maar jy kan wel ʼn bord kos borg vir een van ons kinders: https://t.co/hj0vTaEiBa
Op Sondag, 27 April, het Beatrix Thornhill die London Marathon aangepak ten bate van ons kinderhuis.
Ons is só trots op hierdie merkwaardige prestasie en elke tree van hoop wat sy vir ons kinders gegee het!
Welgedaan Beatrix: jy is ʼn ware inspirasie!
Sedert 1902 is die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom ʼn veilige hawe vir verwaarloosde, weerlose kinders.
As dit nie vir sy aanvaarding van sy lewensroeping was nie, sou ons nie vandag vir 170 kinders hoop op ʼn beter toekoms kon gee nie: https://t.co/wTtdwway2t
Ons het ʼn dringende behoefte aan lugversorging vir ons kinderhuisbus en doen ʼn beroep op ons vriende en ondersteuners om ons te help om dit te finansier.
ʼn Skenking aan die kinderhuis sal die lang ure op die bus koeler en meer gemaklik maak.
https://t.co/4xj32f5Zdi
Op 16 en 17 April, in aanloop tot die Paasnaweek, het die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom ʼn passiespel aangebied.
Lees hier meer: https://t.co/N0OT5i8PvY
By die Abraham Kriel Kinderhuis is ons geseënd om 15 instaan mammas te hê wat ons 170 kinders oppas en skoene volstaan wat eens leeg was.
Word vandag ń vriend van ons kinderhuis en maak help hierdie 15 mammas om ons kinders se hartjies veilig hou.
https://t.co/ewxmhLAIsI