Die Andante Plus50-talentkompetisie bied ’n unieke platform vir senior burgers om hul kreatiwiteit en talent te vier. Van sang en instrumentaal tot storievertelling, drama en kuns. Inskrywings is oop en sluit op 1 Augustus 2026. Lees hier meer: https://t.co/Zlcd01Uy15
#Afrikaans
Die ATKV-AbbAsorg het ’n skenking van R100 000 van Die Kinderfonds ontvang – ’n bydrae wat ’n tasbare verskil gaan maak in die lewens van talle kleuters. Lees hier meer: https://t.co/GVZwhKLsBt
#Afrikaans#AbbAsorg#kinderfonds#skenking
Die ATKV-Applous-streeksfeeste vind binnekort plaas! Kore uit KwaZulu-Natal gaan die gehoor verras met betowerende optredes, uiteenlopende repertoires en ’n dieper waardering vir die kuns van koorsang. https://t.co/3xLcU1lb8z
#Afrikaans#koor#musiek
Die ATKV se nuusbrief vir APRIL is nou beskikbaar vir jou leesgenot. Moenie wonder nie, weet! https://t.co/jdelcvcWXF
Lees nou: https://t.co/nvFdZrkUOq
#Afrikaans#nuusgenoot#nuusbrief#nuus#ATKV
In sy boek, ‘KoesterKos’, neem Frik du Preez lesers terug na die handgeskrewe resepteboeke van sy ouma Lenie en ma Hermana – ’n skatkis van meer as 75 jaar se Suid-Afrikaanse kostradisies. https://t.co/vvcCOwAw4A
#Afrikaans#kook#boek#skrywer#koesterkos
Die ATKV en die skeppers van die ‘Tippie’-leesreeks het kragte saamgesnoer om ses skole in Wellington met grondslagfasemateriaal te bemagtig. Hierdie vennootskap vorm deel van die ATKV se EkKanLees-projek. https://t.co/vK0eE6BKTp
#Afrikaans
ATKV-Applous, SA se voorste skoolkoorkompetisie, skop vanjaar se streeksfeeste af met ’n rekordgetal van 314 inskrywings. Gedurende Mei besoek die ATKV-Applous-span 19 bestemmings in SA en Namibië om die land se beste skoolkore te identifiseer. https://t.co/j1ieW9NBBr
#Afrikaans
Die bobaasspellers is hier! Die wenners van die ATKV se digitale spelkompetisie, ATKV-DigiSpel, is bekend. Baie geluk aan elke deelnemer! Lees hier meer: https://t.co/jhpwML0XcH
#Afrikaans#DigiSpel#spelling
Die RSG/ATKV-Kuierkol by die KKNK is die ideale plek om jou feesvoos voete te rus. Kom geniet ’n optrede, luister na ’n gesprek wat jou laat nadink, of gesels sommer saam. Hier word kultuur nie net beleef nie – dit word geleef.
#Afrikaans#kknk#ATKV
By die RSG/ATKV-Kuierkol in Baron van Reedestraat by die KKNK wag daar elke dag nuwe verrassings. Van opwindende optredes tot interessante gesprekke – hier ontmoet mense mekaar, deel stories en vier die unieke gees van die KKNK se 30ste bestaansjaar.
Kom maak ’n draai by die RSG/ATKV-Kuierkol en ervaar self waarom hierdie samewerking ’n hoogtepunt op die feeskalender is. Die ATKV en RSG kan nie wag om jou te verwelkom nie en om saam met die KKNK se 30ste bestaansjaar die kreatiwiteit van ons gemeenskappe te vier.
#Afrikaans
Die RSG/ATKV-Kuierkol is ’n weerspieëling van wat die KKNK oor 30 jaar heen so besonders gemaak het: samehorigheid, kreatiwiteit en ’n diep verbintenis tot kultuur. Dit is ’n uitnodiging aan elke feesganger om voluit te fees, te luister, te lag en saam te droom.
#Afrikaans
Benewens die Kuierkol kan feesgangers ook ’n draai maak by die ATKV-Boeke-oase – ’n rustige toevlugsoord waar die liefde vir lees en skryf sentraal staan. Skrywers en lesers kom bymekaar, idees word uitgeruil en die krag van die geskrewe woord word opnuut bevestig.
#Afrikaans
Die RSG/ATKV-Kuierkol bied daagliks iets vir die jongspan. Kom lees saam met Bazoo, die vriendelike bergskilpad, en kom luister na Oom Karoolus en Lente se stories en liedjies.
#Afrikaans#kknk#ATKV
Die RSG/ATKV-Kuierkol vier vanjaar die KKNK se dertigste verjaardag met 'n oase van kuns, kultuur, musiek en vermaak vir die hele gesin.
Kom kuier en klets daagliks saam met jou gunsteling-RSG-omroepers vanaf 28 Maart tot 4 April in Baron van Reedestraat.
https://t.co/tEnhzZkj6H
Vandag vier ons Wêreldteaterdag met die krag van stories, die towerkuns van die verhoog en die ongelooflike talent wat in gemeenskappe regoor Suid-Afrika leef.
#Afrikaans