Benodig julle gemeente kollektesakkies? @BybelMedia se personeel is hier besig om ‘n bestelling op te maak. ‘n Keuse van donker of ligte hout en die kleurkeuse an die sakkie is groen of wynrooi. Elke sakkie het ‘n ritsluiter onder om die leegmaak van die sakkie te vergemaklik.
@BybelMedia se kantoor is mooi getooi en dit voel beslis soos Kersfees. Ons wens vir jou en jou gesin vrede en vreugde toe in hierdie tyd. #GeseendeKersfees
Dr Hennie van Deventer, Hoof: Missionêre Bedienings groet @bybelmedia na 12 jaar. Ons wens hom alle voorspoed toe vir die volgende hoofstuk wat vir hom voorlê.
https://t.co/xuJcVuVwgd
Krap jy nog so bietjie kop oor wat om vir jou geliefdes te koop hierdie Kersfees. #BybelMedia het 'n paar oulike opsies. Ons winkel is oop tot 12:00 op 20 Desember om jou te help met jou laaste kersinkopies. Bestellings: 0860 26 33 42 of [email protected].
Haal die kopseer uit geskenke toedraai. Geen geskenkpapier koop of gesukkel met meet-en-pas nie. Geen kleeflint wat oral vassit nie. Dis die perfekte toevoeging en sal jou geskenk nog meer spesiaal maak. Daar is 3 kleure, elk met unieke Bybelvers daarop!
Die #TiereKersmark is oop van 3 - 8 Desember by Hoerskool Tygerberg. Kom besoek gerus @BybelMedia se stalletjies. Daar is 'n groot verskeidenheid van Kinderprodukte, Leesboeke, Bybelstudies en Bybels beskikbaar.