Die kop speletjies is al sterk aan die gang!
Ons boere kry die geleentheid om in mekaar se koppe te klim en jy kan dit in lewende lywe kom kyk!
Kaartjies vir die byeenkoms asook @versusmmaofficial fight night 20 sal 01 Junie beskikbaar op @iticketssa - https://t.co/KUq8kxoCU2
Rewatch the full fight between O'Neal Thompson and JJ Karagiannidis ahead of Versus Fight Night 20. https://t.co/wzAGwPOz72
Get tickets for Fight Night 20➡️ https://t.co/sJKd85AKXD
Verras Tarentaal ons toe hy agter daai dromme inklim en ek dink nie dis die enigste talent wat die man wegsteek nie. Sterkte vir die boer wat hierdie tarentaal gaan moet vang. Hannes Bornman en Marna Bornman ons het die tyd by julle geniet en waardeer julle gasvryheid so baie!
Dis hoe ons movie maak - Cowboys, Boere en stories wat ons omtrent aan die lag gehad het. Dankie aan almal - Willie Nel, Klaasje Nel, Zandre Dippenaar, Zander Dippenaar en Molly Hood Dippenaar dit was baie lekker om saam met julle te kuier!
Wat is mooier as n jongman wat opstaan vir wat hy in glo. Hy borrel met opwinding as hy gesels oor ons Hemelse Vader, familie, Afrikaans wees en Boerdery. Billy Van Der Walt se ouers asook sus se harte loop oor van die trots as jy gesels oor @MoernBoer en wat hy gaan vermag.
Familie is lekker maar familie op die plaas die beste. Gustav Kotze en Charlené so baie dankie vir die tydjie op die plaas.
Piet Retief, dis fantasties om te sien hoe julle vir Gustav ondersteun, en n groot dankie dat julle net so opgewonde soos ons is vir Seisoen 3.
Groot planne vereis groot etes!
My tyd op die pad saam met die boere van @MoernBoer is ’n fees, en hierdie is die perfekte brandstof vir wat kom. Ek is reg en gerat om julle almal weer te sien by @realVersusMMA Fight Night 19!
Sien julle langs die kryt!
Omtrent lekker gekuier saam met Rooibaard en sy familie. Teikenskiet en smul aan Skaap-tjops was net 'n klein gedeelte van die groot bederf. Dankie Claude Fourie en familie dit was n fees.
#moernboer#diskoestyd
Lekker gekuier by die jong knaap. Hy's vol ywer en wil graag almal wys dat jong boere die ding kan doen. Jayden, dankie vir jou gasvryheid en die lekker geselsies oor al die mooi Tannies. Karan Beef dankie vir julle ondersteuning en ook die gesindheid waarmee ons ontvang was.
Franco, jou liefde vir beeste is iets besonders om te beleef. Baie dankie vir jou en Rinalize dat julle ons van vroeg af vermaak het en gesorg het dat ons pense dik was voor ons met swaar harte moes vertrek.
Ons waardeer julle harte en sien uit na n great @MoernBoer S3!