Ek versamel munte.
Die ou een Rand is een van my gunsteling munte. 'n Redelike eenvoudige ontwerp, maar steeds indrukwekkend, en "Soli Deo Gloria" is 'n pragtige leuse.
Dit het genoeg gewig en grootte om jou te laat besef dat dit waardevol is.
In 1965, toe hierdie muntstuk in omloop gekom het, was R1 gelykstaande aan $1.40 en die muntstuk was effens groter en het 80% silwer bevat. Van 1977 tot 1990 was dit kleiner en slegs nikkel.
Jy kon met R10 jou kar volmaak.
Toe dit in 1991 deur die kleiner R1 vervang is, was die wisselkoers R2.55 per $1.
Die moderne kleiner muntstukke is staal met 'n dun lagie nikkel. Die huidige wisselkoers is R16.30 per $1.
Geld het al hoe meer abstrak geword. Wat begin het as goud en silwer munte, iets wat iemand sal neem bloot vir die waarde van die materiaal self, het uiteindelik verander in nulle en ene op 'n rekenaar en wette wat jou verplig om dit te gebruik, ongeag of jy nou daarvan hou of nie.
En jaar na jaar, sonder ophou, verloor dit waarde. Dis hoekom silwermunte nie meer gebruik kan word nie.
Hulle verloor nie konstant hul waarde nie, en die staat sal dus nie deur middel van inflasie jou koopkrag kan onteien nie.
Ou geld was eerliker gewees.
Tests don't magically fix slop or fix security vulnerabilities for you.
They're also often reactive. Regression tests in particular are added after bugs and vulns have been identified, to avoid repeats. Shutting the stable doors after the horse has bolted.
AI code reviews help, but I'm not risking money on a project with no human code reviewes.
@TvTll@grok@Smug_editing I believe the meme is from @kunley_drukpa, refer to his posts regarding the use of lustrotropicalism in the USA. Grok is missing some context here.
In Kleinmond, op die kusweg, is 'n huis met die naam Seelui.
Dis 'n oulike woordspeling, want dit kan "traag of ontspanne by die see" beteken, maar seelui is ook 'n ouderwetse woord wat letterlik "seemense" beteken (soos vissersmanne of matrose).
Die agtervoegsel -lui kom van Nederlands "luiden" wat "mense" beteken. Nog 'n vorm van die woord is "liede" en dit kom nog in Afrikaans as 'n argaïse agtervoegsel voor. Soos jongeliede, koopliede en seeliede.
Die Duitse kognaat is "Leute" en dis die alledaagse woord vir "mense" ("Menschen" is meer formeel en word gebruik soos "humans").
Dis alles maar om te sê dat die "leod-" van "leodhata" die Oudengelse weergawe is van "lui", "luiden", "liede" en "Leute".
En "hata" is ons "hater".
So leodhata beteken mensehater.
The Old English for a dictator was leodhata, meaning either ‘he who commands the people’ or ‘he who hates the people’. So if Virginia’s motto, “Sic Semper Tyrannis,” were in Old English, it’d be “Þus Simle Leodhatum.”
I listened to a podcast from a Dutch linguist where he spoke about how the study of the effect of the physical environment and geology on pronunciation and sound shifts has only recently started to gain traction.
Why the shift to "d" happened I don't know, but one can surmise that Britain's relative isolation from the mainland meant that they were insulated from the change.
Also interesting that High German (basically mountain German) and Low German (basin German) sound very different.
And in Afrikaans we also changed Dutch words, dropping many intervocal "g" sounds.
Fun to speculate what role the South African climate might play, but I don't know of any serious studies.
"Adel" in Afrikaans/Dutch/German.
Good example of the "th" -> "d" shift that happened in continental West-Germanic languages.
The "th" sound is the older sound.
@SPQRSA Interessante vraag!
"edel" is verwant aan "adel" en beteken vroeër "van adelike geboorte". 'n "Edelman" is 'n adelike.
"ydel" is verwant aan die Engelse woord "idle". So 'n heeltemal ander herkoms.
Afrikaans "aar" is verwant aan die Oudengelse woord.
Dit kom van Nederlands "ader" en soos met baie Nederlandse woorde het ons die intervokaliese konsonant ("d" in hierdie geval) laat val.
STOP saying “vein.” That’s from French. The native English word is “edder,” from Old English ēdre. You should also call a jugular vein a “halse-edder,” a phlebologist an “edderleech,” and a varicose vein an “edderknot.”
Oudengels het sowat 3 miljoen woorde se geskrifte nagelaat, maar Oudnederlands net 'n handjievol sinne.
Hoekom?
Koning Alfred het rondom 890 besluit sy mense moet in hul eie taal kan lees, terwyl die res van Germaanse Europa nog net Latyn geskryf het.
Die oudste sin in Afrikaans se direkte Oudnederlandse voorouerdialek, Oud-Wesnederfrankies,
staan agterop 'n Oudengelse manuskrip.
'n Monnik uit die Lae Lande het dit omstreeks 1100 in Engeland neergekrabbel om sy nuwe pen te toets.
'n Sogenaamde "probatio pennae" (probeer die pen).
Kom ons ondersoek daardie sin. 👇🧵
Die woord "trein" is van Frans, maar vir puriste is daar 'n Germaanse alternatief: "tog".
Dit is die woord vir 'n trein in Deens, en is verwant aan ons Afrikaanse woord "tog", vir 'n lang reis of afstand wat afgelê word.
In Duits is dit "Zug" (uitgespreek "tsoegh"), en daar het dit nog die verdere betekenis "om te trek", wat sin maak, want 'n lokomotief trek sy waens oor die spoor.
Die Engelse kognaat is "tug", soos in "tugboat".
Hier is nog kognate:
Afrikaans -> Deens -> Duits
--------------------------------
tog -> tog -> Zug
aftog -> aftog -> Abzug
intog -> indtog -> Einzug
optog -> optog -> Aufzug
kruistog -> korstog -> Kreuzzug
veldtog -> felttog -> Feldzug
Gnome Watching Railway Train, c. 1848, by Carl Spitzweg #art
Gnome Watching Railway Train was made a decade after the opening of the first railway line in Germany, and the technology had rapidly become commonplace. It was painted with oil on the lid of a cigar box.
En toe, in 2024, kom nog 'n verrassing.
Multispektrale beelding van die bladsy wys dat die monnik waarskynlik sy woorde doelbewus gekies het om die sin in beide Oudengels én Oudnederlands verstaanbaar te maak. Dit rym boonop.
Ons oudste sinnetjie is 'n tweetalige grap.
https://t.co/VaZHKBhPOf
Die sin lui soos volg:
"Hebban olla uogala nestas hagunnan hinase hic enda thu uuat unbidan uue nu"
Lyk dit vreemd? Kyk mooi. Jy ken eintlik elke woord, want elkeen het 'n direkte afstammeling in Afrikaans.
hebban = het (Nl. "hebben")
olla = alle
uogala = voëls (Nl. "vogels")
nestas = neste
hagunnan = begin (Nl. "begonnen")
hinase = tensy (verklaring onder)
hic = ek (Nl. "ik")
enda = en (vgl. met Engels "and" en Duits "und")
thu = jy (vgl. Duits "du")
uuat = wat (twee u's maak 'n w)
unbidan = wag (verklaring onder)
uue = ons (Nl. "we")
enda = en
thu = jy
uuat = wat
unbidan = wag
uue = ons
nu = nou
"unbidan" se "-bidan" is dieselfde woord as "bide" in Engels: "to bide your time".
En "hinase" is 'n samegetrekte "hit ne sî", in moderne Nederlands "het niet zij", wat in Afrikaans verkort het tot "tensy".
Letterlik dan: "Het alle voëls neste begin, tensy ek en jy. Wat wag ons nou?"
Of meer idiomaties: "Het alle voëls al begin neste bou, behalwe ek en jy, dan waarvoor wag ons nou?"
Nege eeue later kan 'n Afrikaanssprekende dit nog byna woord vir woord volg.