‘n warm stilstaan dag
in die Knysnawoud
son bak deur die blare kolle goud
op varings wat om jou bene wieg
staan stil
tot jou voete in die
onderbos wegraak
tot die bos se asem jou
binnekant regmaak
#afrikaans
die lug is vol
van vreemd wees
en klam klonte wat
teen wimpers kleef
en wind wat
strepe oor wange waai
die lug is vol
van deurskyn
en dit reën
in Victoriabaai
#afrikaans#victoriabaai#gedig
sit by my
soos ‘n donskombers
wat sit vasmaak
of ‘n verekussing
wat sit lank maak
sit by my
want onthou wil ontsnap
en jy
hier langs my
sal hom wag maak
#afrikaans#skryf#gedig