HAHA these guys keep raising the bar with their extra approach to advertising! I need 60 more minutes of this Soulman in my life please! Apart from selling delicious chicken, they do take the ad game to a whole new level in South Africa🇿🇦🍗
Koos Kickback and Tenda Preneur interview @helenzille for the new job of JHB mayor.
Directed, writen and edited by Bouwer Bosch
Produced by Anel Wood
DOP - Lohlogonolo Monareng
Sound Mixing - Justin Hoyer
Tenda Preneur - Doug Arthur George Jones
Koos Kickback - Bouwer Bosch
Helen Zille as Helen Zille herself.
If you looking for a not so serious monday on this very toxic app that is X - here is a 60min fun interview I had with @helenzille - https://t.co/OnSgHJZIvK
Had an epic chat with Freek Robinson. After 50 years of journalism he is hanging up his microphone. From hosting Mandela and de Klerk’s iconic debate in 1994(watched by 800 million people worldwide) to being on the ground when the Berlin wall came down. Freek has served our country well🇿🇦🎙️#Narratief
Voor jy hierdie rubriek oor AI in Afrikaanse musiek lees wil ek hê jy moet weet my opinies en sienings rondom hierdie is nog onder konstruksie. Voel asseblief vry om te verskil van my, ek hou van leer en die beste manier om te groei en te leer is wanneer ek verkeerd is. So gesels asseblief saam in die kommentare en hou by die tema asb. In die verlede as ek ’n rubriek geskryf het en iemand hou nie van die tema nie dan begin die kommentare by “Jy kan nie sing nie”. Ek weet dit al vir 20 jaar dankie, so kom ons probeer hierdie keer by die tema bly. Ek sien uit vir jou opinie.
Afrikaners is Prompt-sierig!
Ek is baie opgewonde oor die aankoms van “AI” of in hierdie geval, “Suno” in die Afrikaanse musiekbedryf. Suno is die AI liedjieskryf app wat tans almal se voete en gemoedere aan die dans het. Daar is 2 hoof maniere hoe jy Suno gebruik.
Voor ek verder gaan kom ek verduidelik net gou die twee hoof maniere hoe Suno gebruik word.
Eerstens: Jy gee vir Suno die tema, genre, sonder lirieke en kies tussen mans of ’n vroue stem bv. “Write me a country love song about falling in love while on a fishing trip and make it Afrikaans” - dan vat dit Suno omtrent 2 minute om vir jou ’n liedjie te skryf. As jy gelukkig is met die lirieke, die stem en hoe die liedjie klink kan jy dit tegnies as jou eie vat en versprei waar jy wil.
Tweedens: Dis waar jy jou eie lirieke inlees en elke prompt haarfyn beplan. Jy moet elke melodie, noot, instrument, vers, koor, brug, begin en einde beskryf saam met die tipe step wat jy soek beskryf. Dit kan soms tot drie weke se heen en weer vat voor jou liedjie “perfek” is. So dit kan jou tussen R200 en R2500 kos om ’n treffer uit Suno uit te kry.
Nou kom ons gesels net eers bietjie oor Afrikaans hoofstroom musiek. Vroeër hierdie jaar het een van die grootste Afrikaanse platemaatskappy se grootste kunstenaars ’n liedjie van ’n Amerikaanse orkes ogeneem en voorgegee dis ’n oorspronklike treffer in Afrikaans(sonder toestemming) Eers toe die publiek begin kommentaar lewer oor dit, is die orkes van die VSA gekontak en is die regte skrywers se name bygesit en daar is verduidelik dat dit van die begin af eintlik ’n misverstand was. Daar is ook ’n hele paar ander Afrikaanse treffers tans op verskillende “charts” wat jy kan hoor klink soos ’n paar groot country treffers vanuit die VSA.
So ek dink voor ons bekommerd raak oor rekenaars wat kan liedjies skryf moet ons dalk eerder introspeksie doen oor hoekom ons as kunstenaars en platemaatskappye dit so geniet om liedjies te “copy en paste” van ander lande en kunstenaars. En ek praat nie van liedjies waar dit duidelik gemaak word dat dit oorgedoen word vir Afrikaans soos Snotkop se “Agter op my fiets” wat ’n groot Nederlandse treffer was van Gers Pardoel nie. Ek praat van platemaatskappye wat liedjies uitbring waar dit 90% soos die oorspronklike liedjie klink net met Afrikaanse lirieke en voorgee dis ’n oorspronklike liedjie.
Van die laaste 5 jaar se grootste liedjies gaan almal oor “grond”, “boer”, “land” “mielies” en “plant” maar dit word gesing deur musikante wat in Midstream Estate en Silverlakes bly en wat glad nie boer nie. So is dit dan ook verkeerd om te sing oor temas wat nie waar in jou lewe is nie of is dit slegs fiksieie? Want musiek mag natuurlik fiksie wees, maar as die lirieke nie “waar” hoef te wees nie, hoekom moet die musiek dan “waar” wees?
Die ironie van Suno is dat dit glad nie enige ander kunstenaar kan namaak nie. Sodra jy ander kunstenaars se name noem of iets van hul lirieke inlees dan gooi dit ’n boodskap uit dat dit “infringe” op “copyright material”. Dit laat my wonder of Suno nie dalk die antwoord gaan wees tot meer oorspronklike Afrikaanse musiek nie.
Hierdie is direk van Suno se website af: “Its content moderation system automatically flags prompts in the style section that contain the names of well-known artists or people due to copyright concerns and policies against impersonation.
The filter is designed to prevent the direct replication of a specific artist's style or voice using their name as a prompt, and a prompt containing a known artist's name will result in an error message”
Musiek is ’n besigheid, en ’n baie winsgewende een ook as jy weet wat die mark soek. Supply and demand is the name of the game soos met enige ander industrie. Ek skryf liedjies met die hoop om geld te maak, alle musikante doen dit om geld te maak, dis ons werk. Ons kinders gaan nie op “exposure” skool toe kan gaan nie.
Hier is waar Suno vir my baie lekker raak en my opgewonde maak. Jy gaan digters kry wat bleddie goed skryf wat nou ’n manier het om hul musiek en gedigte uit te kry. Nie almal kan sing nie.(Hel, ek weet steeds nie hoe ek ’n loopbaan het met my stem nie, maar nou ja). Maar AI gee vir daai digters ’n stem.
Christopher Torr is so ’n digter wat nie ’n stem gehad het nie, toe ontmoet hy vir Laurika Rauch(en trou met haar) en skryf van die mees tydlose treffers van ons leeftyd: “Mannetjies Roux, Donker Gang, Blouberg se Strand” en menigte meer. Sou ons ooit daardie treffers gehoor het as Christopher nie vir Laurika ontmoet het nie? Digters sonder stemme kort maniere om hul lirieke gehoor te kry, en AI tegnologie maak dit nou moontlik.
Is Christopher Torr iemand wat gekroek het omdat hy nie sing nie? Nee. Word Laurika gesien as iemand wat nie ’n “regte kunstenaar” is nie omdat haar man meeste van haar liedjies geskryf het? Hel Nee. Hulle het mekaar gehad om hierdie musiek na ons toe te bring. So het tye verander, digters wat in die middel van nêrens sit en nie stemme het nie, het nou ’n Suno aan hul kant om hul ’n hupstoot te gee om gehoor te word.
Ek voel wel dat jy gaan nie sommer ’n musiekloopbaan uit AI liedjies kan kerf nie. Stroomdienste en radiostasies betaal te min in SA so jy gaan iewers jou liedjies in jou tas moet pak en begin optree as jy ’n loopbaan in musiek wil hê en dan sal jy gou agterkom of jy rerig ’n musikant wil wees of nie, want dit kan maar moerse harde werk wees by tye en glad nie so glamarous soos wat dit soms lyk nie en dan sal die koring van die prompt-sterre geskei word.
Alle kunstenaars se hoofinkomste kom van optredes af en daar gaan hierdie AI musikante glad nie ’n impak kan hê op huidige musikante se inkomstes nie want die feeste gaan steeds die beste en grootste musikante book.
Niemand gaan ’n kunstenaar book wat met ’n laptop daar gaan staan en play druk en dan net sing nie…..of wag: van ons grootste kunstenaars tree nie met ’n band op nie en slegs met backtracks, so is dit dan ook “fake” of deel van die “AI” gesprek want hoekom kan van die huidige kunstenaars dit doen, maar “Jakkals Vibes “mag nie of hy word nie gesien as ’n musikant nie alhoewel hy self al sy lirieke skryf.
Ek gaan myself as ’n voorbeeld vat. In my amper 20 jaar van musiek maak en talle probeerslae het ek nog net een nommer een treffer gehad met “Sy Klink Soos Lente”. Ek is nie die beste skrywer of sanger nie ek weet dit, maar as ek nou die tools het om beter musiek uit te bring wat die publiek meer geniet en my help om my loopbaan beter te maak hoekom sal mens dan nie van dit wil gebruik maak nie? Rassie Erasmus gebruik elke nuwe stuk tegnologie moontlik om die Springbokke beter maak, hoekom kan ander beroepe nie ook tegnologie inspan nie?
Aan wie moet musikante eerste dink? Aan hulself en hul eie inkomstes en families en aftrekorders, of aan die kritici wat in elkgeval nie bydrae tot hul inkomste nie? Luisteraars worry nie. As luisteraars geworry het oor hierdie goed sou daai liedjie waarvan ek praat in die begin nie nommer een gehaal het op die charts nie.
My vriend Deon Meiring(Glaskas) het ’n mooi siening rondom musiek. Hy glo die ontdekking en uitdaging om ’n instrument te beoefen, en dalk selfs te bemeester, kan jou help om jou eie unieke uitdrukking te koester. Veral as jy dit laat saamsmelt met die dissipline om die woorde wat in jou hart is te skaaf tot opregte kuns. Dis maar hoe ek ook destyds met Straatligkinders begin het. Maar as jy iets in jou hande het wat jou kan beter maak en die hele proses vinniger ook maak, dan hoekom nie?
Nie almal is sulke ongelooflike singer songwriters soos Appel, Riaan Benade, Riana Nel, of Danie du Toit nie, maar daar is duisende Christopher Torr’s daar buite wie se lirieke en gedigte nooit gehoor sou word voor nou nie. Vir daai digters daarbuite is ek opgewonde dat Suno hier is. Hulle gaan hulle gedigte kan uitkry en dit mag dalk ’n treffer word, maar onthou: ’n treffer en ’n loopbaan is twee verskillende goed en AI gaan kan help met treffers, maar wat jy eintlik soek is ’n loopbaan. So gebruik AI en Suno maar doen dit om ’n loopbaan aan die gang te kry want dit is waar die geld lê en dit is ook waar die vreugde lê, om jou musiek na mense toe te vat en jou stories vanaf ’n verhoog te deel. Moenie net wegkruip agter die prompts en die skerms nie. Kom uit en deel jou stories, ek sal jou met ope arms ontvang net soos hierdie Afrikaanse musiekbedryf my met my valse stem met ope arms ontvang het 20 jaar terug.
“En in die skaduwee, prompt Suid Afrika”
Groete, Bouwer.
Fathers carry each other’s sons at a protest march by residents of Port Elizabeth in the Eastern Cape during nationwide calls for the abolition of segregation. Photo by Cecil Sols
The All Blacks’ performance wasn't embarrassing. What’s embarrassing is Vaa’i clapping when the Boks made a mistake.
Vaa’i may not realise it, but his clapping reveals a deeper tension within the All Black environment.
At its core, it’s overcompensation for a question no All Black ever wants to ask, let alone admit:
“What if we aren’t good enough?”
When we do something to hurt someone, it’s usually because we were hurt in a similar way.
When I want to hurt you, I will turn to the actions that most hurt me—because I believe they are the most hurtful, even if they are not.
It’s a pain response. In the heat of the moment, when we want to hurt someone, we reach for the same weapon that once cut us. Even if it’s blunt. Even if it looks ridiculous.
That kind of over-the-top reaction isn't a mark of dominance. It’s a mirror of the moments Vaa’i’s been on the other negative of making a mistake.
It’s about soothing a wound.
When a rival falters, it’s common for people to feel a flash of satisfaction. Psychologists call it schadenfreude (literally “harm-joy” in German) the pleasure at another’s misfortune.
This kind of malicious joy goes beyond simple competitiveness. It’s a deeper emotional response, an attempt to offset shame or fear of failure by asserting dominance in the moment.
In Aristotle’s analysis, the “pleasure in hubris” comes from a belief that by belittling others, you make your own superiority greater.
So, Tupou Vaa’i’s over-the-top clapping might subconsciously stem from insecurity and internalised pressure.
Psychologists Wilco van Dijk found that people with lower self-esteem tend to feel more schadenfreude toward a high-achieving rival, especially if that rival made them feel inferior by comparison.
And therein lies my point.
Vaa’i may not realise it, but his clapping reveals a deeper tension within the All Black environment.
At its core, it’s overcompensation for a question no All Black ever wants to ask, let alone admit:
“What if we aren’t good enough?”
It’s a question most All Blacks teams have refused to ask, and one they’ve rarely been forced to. Because usually it was easy to blame a referee, a dubious call, a bounce of the ball, an injury, or a World Cup cycle.
But this is the first time in a long time that an All Blacks team has been consistently beaten, consistently dominated, over the span of years and across different tournaments.
For the first time, we’re seeing cracks where it seems like our boys are subconsciously asking questions never posed to legends of old.
For the first time there's genuine fear of not being good enough. And the pain of having to face the question that your greatest fear might actually be true.
The Springboks are a better team than us. But in the past, they’ve only been just as good. They’ve had playoff wins, World Cups, Rugby Championships, one-off victories. But in general, the contest felt 50-50.
Now, for what feels like the first time in a long time, it’s not.
Here’s the key: the All Blacks need to find belief somewhere.
Like Dan Carter said, pressure is a privilege. Walk towards it. Face it. Embrace it.
Feel the pain.
Feel the fear.
That's the only way to ensure it doesn't control you.
But that’s a question for another article—where are the All Blacks at mentally? What caused them to lose their killer edge, their belief, the aura of the jersey?
Something has shifted. The over-the-top overcompensation reveals what they actually believe about themselves, and the doubt they are fighting to keep at bay.
Scoreboards don’t embarrass us. Vaa’i’s nonsense did.
The defeat didn’t cheapen the jersey. That clap did.
Respect is lost in moments like that.
Clapping reveals relief. Not dominance.
#rugby #NZLvRSA
I think it’s time we pick a new name for the Womens Springbok rugby team.- we need something lekke, strong and unique! Here is my options! Comment with your suggestions below! ❤️🇿🇦🏉 - @RassieRugby@SARugbymag@Springboks@WomenBoks