In Super Tuesday Demokratiese wedloop in Amerikaanse presidentsverkiesing, lyk dit of Joe Biden voorloper is, met Bernie Sanders kort op sy hakke, gevolg ‘n ent terug deur Elizabeth Warren en Michael Bloomberg
Omstrede boek Die seuns van Bird Island onttrek vanaf winkelrakke en uitgewers vra oud-minister Barend du Plessis onvoorwaardelik om verskoning vir moontlike implisering
In sitting van Nasionale Raad van Provinsies doen David Mabuza beroep op provinsiale regerings en munisipaliteite om te verseker dat hulle nodige regulasies en verordeninge in plek het om vinnig teen enige grondgrypery in hul gebiede te kan optree en dit in die kiem te smoor
Tydens opening van KZN Wetgewer in Pietermaritzburg doen koning Goodwill Zwelithini striemende aanval op CSE-“seksopvoeding” in skool en sê: “God is nie in hierop nie en ons kultuur laat dit nie toe nie”
In mediaverklaring sê TLU SA die ANC het geen waarde toe te voeg tot die land nie, dat Suid-Afrikaners behoort te weier om saam met die ANC onder te gaan en dat die ANC alleen moet ondergaan – vir mediaverklaring, net in Engels beskikbaar, kliek hier https://t.co/fPw37iAaJY
In mediaverklaring wys TLU SA daarop dat die SAUK in 2012 ‘n wins van R343 miljoen getoon het, maar in Oktober 2019 moes dit ʼn reddingsboei van R2,5 miljard van die regering ontvang
Administratiewe kantore van Vrystaatse Wetgewer Southern Life Plaza-gebou in Bloemfontein ontruim omdat riool uit munisipale straat kelderverdieping soveelste keer oorstroom
Nog geen klasse by Universiteit van KwaZulu-Natal sedert begin vanjaar weens betogings deur studente oor klasgelde en studieskuld, skade van sowat R31 miljoen al aangerig aan kampusse te Durban en Pietermaritzburg
Volgens jongste syfers van Stats SA is land amptelik in resessie nadat die ekonomie in vierde kwartaal van 2019 met 1,4% gekrimp het, ekonomiese groeikoers in 2019 slegs 0,2%
NG Gemeente Tuinedal, Sasolburg, besluit om uit protes teen standpunt van algemene sinode oor selfdegeslagverhoudings hul verdere geldelike steun aan die NG Kerk te onttrek
Ditsem Nuus doen fokus in Maart-uitgawe onder titel Trots Afrikaner waarin besighede of instansies in advertensie groot 6 x 13 cm @ R379 kan sê hulle is trots om Afrikaners te wees – om te ondersteun skakel 082 773 2150 of epos [email protected]
Van meer as 20 kandidate vir Demokratiese benoeming in Amerikaanse presidentsverkiesing, is net 6 oor, kan vandag uitgedun word in sg. Super Tuesday verkiesing gelyktydig in 14 deelstate