#AS2019, Dag 3: Ons praat oor gendergeregtigheid. Carin van Schalkwyk vertel haar verhaal. Die vergadering kyk ook na ‘n video waar opmerkings wat vroue en mans teenoor vrouepredikante gemaak het. Dit dui op ‘n belangrike kultuurskuif wat dringend nodig is in die kerk.
#AS2019 van @NGKerk gee vanmiddag aandag aan die kerk se missionale roeping. Verskeie taakspanne het aan ‘n stel verslae gewerk. Die belangrike rol van gewoontes en vaardighede, soos Woon in die Woord, word beklemtoon.
#AS2019: Verkiesing van assessor: Nadat die vergadering moes kies tussen André Bartlett, Dirkie van der Spuy en Nioma Venter, vind die stemming nou tussen Van der Spuy en Venter plaas.
#AS2019: Die struktuurvoorstelle van ‘n taakspan dien nou voor die vergadering. Een van die voorstelle is dat die Algemene Sinode vergroot word en vierjaarliks vergader. Die Sakelys, bl 229 - vind dit hier: https://t.co/UiwcoO1ymP
#AS2019: Die voorsitter verduidelik daar is deurloipend drie bewegings: Insette uit die Skrif, insette en tafelgesprekke. Die doel is geloofsonderskeiding: Wat vra die Here van die kerk?
#AS2019 Dag 2: Die tema vir die dag is: Ons roeping en die toekoms van die kerk. Ons gaan gesels oor identiteit, beleid, roeping en toekomsscenarios. Verslae oor navorsing, kerkverband, en missionale kerkwees word behandel.
Ds Nelis Janse van Rensburg is pas vir ‘n tweede termyn tot moderator van die Algemene Sinode herkies. Die vergadering sing hom toe: Laat Heer u seën op hom daal. @NGKerk#AS2019
Die Algemene Sinode doen innoverend stappe om die vergadering se waardesisteem te handhaaf. ‘N Aanmeldingsliggaam is beskikbaar indien persone meen daar word nie by die waardes gehou nie.
Die vergadering stem tussen André Bartlett, Nelis Janse van Rensburg en Dirkie van der Spuy as moderator van die Algemene Sinode van die @NGKerk#AS2019#AlgemeneSinode2019
Dr Pieter van Jaarsveld lig die Algemene Sinode se tema, Maak ‘n lewegewende verskil, toe aan die hand van die aangrypende gebeure by die Loofhuttefees waarvan Johannes 7:37-39 vertel.
Die Algemene Sinode open met ‘n erediens by die eMseni Konferensiesentrum. Die tema van die vergadering is: Maak ‘n lewegewende verskil.#AlgemeneSinode2019#AS2019