Submit your programme application for @KKNKfees 2027 online now! More information about the process, including the festival’s Programme Guidelines, are available online.
📅 Closing date 1 August 2026 at midnight
🖥️ https://t.co/swx0XbF1Qa
Programaansoeke vir volgende jaar se @KKNKfees, wat van 23 tot 27 Maart 2027 op Oudtshoorn aangebied word, kan nou aanlyn ingedien word! Al die nodige inligting, waaronder KKNK 2027 se programriglyne, is op die webblad beskikbaar: https://t.co/AMikKUOxvy
"Wat gebeur wanneer kuns uit sy oorspronklike konteks gehaal en heeltemal elders geplaas word? Dié vraag staan sentraal in ’n uitstalling in Kaapstad, waar kurator, Liza Grobler, spesifieke kunswerke van @KKNKfees na Kaapstad gebring het." - @Netwerk24: https://t.co/QTuJRYARZo
"Die Hertzogprys-bekroonde teaterskepper Nicola Hanekom se jongste plekspesifieke drama, ‘Die gebed van ’n halfmens’, is Donderdagaand met vier Kannas bekroon. Dit is vir altesaam 10 Kannas benoem ná afloop van vanjaar se 30ste @KKNKfees." - @Netwerk24: https://t.co/pL1pCh5JPh
Kuier hierdie Sondag (3 Mei) saam met @kykNETtv se Fiësta-span by die 30ste @KKNKfees op Oudtshoorn. Skakel om 18:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) en fees voluit met drama, komedie, musiekteater, Blitsteater, familieteater en hope vermaak vir die hele gesin in die Feesmark!
@Suidoosterfees skop môre (29 April) in Kaapstad af. Die program is propvol produksies en kuns, wat verskeie @KKNKfees-hoogtepunte insluit. Maak ’n draai en ondersteun die kunste se #Tuiste in die hartjie van Kaapstad! Program en kaartjies aanlyn en geniet die fees tot 3 Mei.
En die benoemdes vir @KKNKfees se Kannas is ... As jy nog nie die benoemdes vir vanjaar se Kannas onder oë gehad het nie, maak ’n draai op ons webblad! Die Kannas bekroon jaarliks uitnemendheid by dié fees in die Klein Karoo: https://t.co/0WvG6J4qOs
“Die Hertzogprys-bekroonde dramaturg Nicola Hanekom se plekspesifieke drama ‘Die gebed van ’n halfmens’ is vir 10 Kannas benoem.” – @Netwerk24
💻 Lees meer op Netwerk24: https://t.co/4duObGYl5I
Van Dinsdag 23 tot Saterdag 27 Maart 2027 skop ons ’n nuwe dekade van @KKNKfees af op Oudtshoorn! Dié datums val oudergewoonte binne die Maart-skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek. Teken dié datums aan in jou dagboek en kom kuier voluit vorentoe in die Klein Karoo.
#KKNK2027
’n Besonderse dankie aan elkeen wat ’n voluit bydrae tot @KKNKfees se 30ste feesviering gemaak het! Kunstenaars, borge, donateurs, tegnici, verskaffers, feesgangers, personeel, Oudtshoorniete – ons is dankbaar vir jou aandeel in dié mylpaalviering. Reis veilig en rus lekker.
"Die 2026-@KKNKfees sal waarskynlik een van die laaste kunstefeeste wees waar toneelgangers ‘Hortjies dig’, die roerende drama oor Peter Blum, met veteraanakteurs Chris van Niekerk en Joanie Combrink sal kan sien." https://t.co/X4Yl7DE9Aa
📅 28 tot 30 Maart 2026
📍 Oudtshoorn
“GAT” deur die Garage Dance Ensemble is ’n rou en kragtige plekspesifieke dans-en-teaterproduksie by @KKNKfees. ’n Gemeenskap gedurig aan die trek. Hulle ken van swaarkry, maar die brokkies vreugde en die skatkis van stories trek die wa deur die drif: https://t.co/KxBvUBLSJo
Maak een van jou eerste besoeke in die Feesmark die @KKNKfees-winkel in die De Jager Sportsentrum. Met unieke produkte deur meer as 110 uitstallers, is dit nét die regte plek vir jou inkopies by die 30ste KKNK! Sien jou daar.
📅 28 Maart tot 4 April 2026
📍 Oudtshoorn
Maak seker jy kry elke dag jou Voluit Feeskoerant in die hande, met al die inligting vir jou dag by @KKNKfees! Resensies, stories, interessante brokkie én die feesprogram vir die hele dag. Gratis beskikbaar.
📅 28 Maart tot 4 April 2026
📍 Oudtshoorn
#KKNK2026, geborg deur Absa
Hier is die teaterprogram vir dag 1 (Saterdag 28 Maart) van die 30ste @KKNKfees op Oudtshoorn. Drama, sirkus, komedie, gesinsteater, stand-up, musiekteater en vele meer. Kry jou kaartjies en kom fees voluit saam met ons in die Klein Karoo: https://t.co/RY2001kGa5
Die Absa Kuierkamer in die Feesmark staan gereed om jou by @KKNKfees te ontvang. Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die KKNK se 30ste verjaarsdag – in die hart van die fees: https://t.co/xzBzBHqsK2
Die Feesmark-verhoog is slaggereed om gunstelinge én nuwe gesigte te verwelkom vir die 30ste @KKNKfees. Môreaand (28 Maart) skop die musiekprogram hier af met die “Voluit Openingskonsert” 20:00. Kry nou jou kaartjies en kom fees voluit in die Klein Karoo: https://t.co/LHqlpBb6CP
Mienke Ehlers en Dean John Smith is op die verhoog by @KKNKfees in “Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene”, onder regie van Kanya Viljoen. In ’n S.A. waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte te leef: https://t.co/yIsCav4wqH
Elandré is Saterdag 4 April 18:15 op @KKNKfees se Feesmark-verhoog. Die Feesmark sorg vir ’n propvol program van optredes deur gunstelinge én nuwe gesigte en bied ongelooflike waarde vir geld met vermaak vir die hele gesin. Ingesluit by Feesmark-kaartjie: https://t.co/LHqlpBb6CP
Die twee kitaarmeesters Albert Frost en James Grace deel by @KKNKfees vir die eerste keer die verhoog. Hierdie vertoning beloof om ’n onvergeetlike musiekervaring te wees. Van vurige blues-riffs tot die elegansie van klassieke kitaar: https://t.co/tKfiCdfTeL