Partykeer voel ek sleg omdat ek sleg voel wanneer dit eintlik goed gaan met my. Asof ek vir die heelal wil jammer sê dat ek nie okay is wanneer ek eintlik veronderstel is om te wees nie.
Ek haat julle nie.
Maar die fokken weer fluister
dat julle nie dieselfde sentiment dra nie.
Ek sien julle.
Dis donker hier.
Maar, my donner,
darem is dit droog.
(2/2)
Dag 816 van wag vir 'n nuwe Hozier album: Dit word moeiliker elke dag. Ek weet nie hoe lank ek dit nog kan vat nie. My siel is op' n ventilator. Ek't begin toevlug soek in Nat King Cole en Karen Zoid om die void te vul. Heelaas, my bestaan bly bleek en banaal. Môre veg ons weer.
Ek los my voornemens
by jou deurtrap terwyl jy doeks.
Ek hou ons plekkie in die lig,
weg van die onkruit en die ewig-naderende bomebos met die ongediertes en die koud.
Ek hou ons plekkie 'n huis.
1/3
Met die hoop dat wanneer die strale jou wange kielie en jou oë weer lewend laat
ons huisie bewaar sal wees
en jy my sal vind op die stoepie,
vir n geselsie oor waar jou sluimer
jou kop heen meegeslee het.
2/3
Meteorologie as 'n professie is of dood, óf op sy laaste asem. Oom Johann Schutte se era was obviously die piek van die SAWS, want deesdae is al wat hulle regkry die dorpsname. Ervaar iemand hierdie dieselfde?