Jou briewe is nou teen my kasdeur geplak
Die indruk van jou lippe nog steeds op my voorkop
My kaalvoet spore reg langs joune in die Spar
En n tipe liefde tussen ons wat ek nooit gedink het ek sou kry nie
probeer net onthou
dat ek hoop jys gelukkig
dat mense jou verstaan
dat jy sal vind waarna jy soek
dat jy sal lief wees vir lewe.
al is jy nie myne nie.
soms verbeel ek myself dat ek jou gehoor het ondenkbare woorde sê, soos "ek is ook lief vir jou " of "jy het geen idee hoe dit voel om sonder jou hier te wees nie"
Praat met my..
Praat asb met my..
Sê dit gaan goed, sê dit gaan sleg. Sê jys gelukkig of sê jy voel verdwaald. Sê vir my as jy trots is op my, laat weet my as ek jou teleurgestel het. Vloek my, skel my, skree op my maar fok, praat net vir ‘n slag reguit met my.
Daar is nog ñ druppel op my ruit,
ñ bekende geluid, ñ ruimte vol nostalgie, ñ hart vol verlange en ñ meisie wat wonder hoe sy ooit weer heel gaan voel, sonder die groen velde in sy oë, die opregtheid in sy lag , die sagtheid in sy hart en die veiligheid wat sy menswees vir my gee
maar die waarheid is
dis jou watermerk op my hart
dis jou lag in my gedagtes
dis jou hand in myne
dis jou glimlag wat myne laat skyn
en bowenal dis JY
en dit sal altyd JY bly