Geagte president Ramaphosa,
Net ‘n vinnige nota om u te laat weet ons stryd vir moedertaalonderwys het nie gestop toe u die Bela-wet gepromulgeer het nie.
Ons gaan nie ophou nie. Dis ‘n stryd wat so oud is soos Afrikaans self. Onderrig in ons eie taal is wie ons is. Nie u of Lesufi kan dit keer nie.
In 2025 gaan ons verder veg teen Bela, skole beskerm teen ideologiese boelies, hard werk om norme en standaarde te ontwikkel om skole te beskerm en groot aankondigigings maak oor nuwe skole bou. Ons resep is veg, beskerm en bou.
Aankondigings oor regsaksie gaan binne die volgende 10 dae gemaak word.
Ons het geen twyfel dat ons kinders se kinders nog onderwys in hul taal gaan kry nie. Dis baie groter as kennisoordrag, dit is ook oor vorming van die kind en voortbestaan van ons gemeenskap. Ons het dus nie ‘n keuse of alternatief nie.
Ons stryd duur voort, want dit is vir ons kinders.
Groete
Dirk Hermann
Enjoy international keynotes, panel discussions, business matchmaking, masterclasses, and more at the 4th annual Architecture South Africa Conference (AZA 2024) taking place at the University of Johannesburg from September 4-7.
Register now:
https://t.co/zy6frhyTBQ
#AZA2024