Elke @plaaspaadjie het sy eie stories. Myne het in 1995 begin, kaalvoet op hiedie einste grond.
Jare later stap ek hom nog, net met meer stories. Stap jy saam?
Ek is besig met n projek om ou plaashuise te bewaar. Vertel my jou storie van jou pa of oupa se plaas met goeie herrinneringe en stuur n foto. Ek teken 2 huise gratis.
Kom ons bewaar wat verlore gaan. Gaan kyk ook op my fb blad. https://t.co/FGfUzmqAOo
Sonskyn na die reên!
Die belofte van sonskyn...
Blommetjie en haar kalf staan droog.
Vir al die stoepmense wat vandag nat was, onthou die son skyn weer...altyd!
Goeiemôre stoepmense!
Level 6 waarskuwing vir ons en n paar provinsies.
Heelnag reen...
En hy hou aan...
Vra of jou bure okay is vandag.
Laat weet in die comments waar jy is en of jy veilig is?
Sterkte aan elkeen! Bly droog!
Paar jaar terug het die meneertjie oor my pad gekom.
Voetjie vol bloed, tone gebreek. Hy kon nie byhou by die res van die familie nie.
Die oumense het gesê: los hom, dis natuur. Ekt gesê: nee, daar is hoop!
Paar weke later is hy gesond en terug na sy familie!
#genade#diere