Lekker verjaar, Jonathan!
Mag jou dag vol wees van lag, goeie geselskap en natuurlik ’n bietjie bederf!
Jy bring energie en goeie vibes waar jy ook al gaan, en ons hoop hierdie nuwe jaar vir jou net meer avonture, spesiale oomblikke en mooi herinneringe bring. 🥳
Jong, talentvol en nou deel van die geskiedenis, Markus Muller as die jongste speler nóg in ’n Stormers-trui!
Daai oomblik net voor jy opdraf… die skare, die spanning, die droom wat waar word
Beskryf in 3 woorde hoe Markus moes gevoel het!
#TnT#KykersKeuse#Stormers
Lekker verjaar, Breyton!
Mag jou dag propvol wees van goeie vibes, baie liefde en natuurlik ’n sappige tjoppie wat perfek op die kole lê!
Mag hierdie nuwe jaar vir jou nóg meer stories, nóg meer avonture en hope mooi herinneringe bring.
Vier spanne.
Een doel.
Van begin tot nou wys SA spanne hul staal in die URC
Maar kan hulle dit volhou tot die einde?
Sal al vier die URC Top 8 haal, of gaan een (of meer) net-net uitmis?
#TnT#URC#SARugby#RugbyDebat
Ons neem afskeid van Johnny Davids. 💔 Hy het mense bymekaar gebring met sy stem, storie en hart. Alles wat hy gedoen het, was met passie en opregtheid. Innige meegevoel aan sy vrou, kinders en familie. Rus sag, Johnny.
Met twee Suid-Afrikaanse afrigters, wat die Champions Cup semi-finale haal, wys dit net weer die gehalte van SA afrigters.
Moet ons meer doen om top SA afrigters plaaslik te hou, of is dit net deel van moderne rugby dat hulle oorsee gaan floreer?
Die Champions Cup is waar die beste van die beste mekaar pak
Van die URC tot die Champions Cup, SA spanne wys flitse van briljantheid, maar is dit genoeg om die groot spanne van Europa te klop.
Is SA spanne sterk genoeg om regtig ’n impak te maak?
Gisteraand se losie-kuier het gesorg vir groot pret!
Lekker geselskap, goeie vibes en ’n aand wat sommer nog lank gaan bybly.
As jy dit gemis het… jy gaan dié een wil inhaal!
Die Losie kry vanaand ’n ekstra spark! Anouschka Swart loer by ons in. Dis nie net nog ’n kuier nie, gaan groot pret wees met hope persoonlikheid!
Sien julle om 20:00 op @kykNETtv
Die 20-minute rooi kaart bly ’n warm onderwerp in rugby
Maak dit die spel meer regverdig, of vat dit weg van die erns van ’n rooi kaart?
Moet die 20-minute rooi kaart geskraap word?
#TnT#RugbyDebat
Hierdie week se Kykerskeuse volg ná ’n sterk stelling deur Gio Aplon
Hy meen Rassie Erasmus se kontrak moet nie tot 2031 verleng word nie.
Moet Rassie ná al sy sukses aanbly, of is dit tyd vir ’n nuwe era vir die Springbokke?
#TnT#Springboks#RugbyDebat
Daar is soveel talent daar buite, maar wie is daai nuwe naam wat jy glo hierdie jaar sy kans by die Springbokke moet kry?
Ons praat van spelers wat nog nie vir die Bokke uitgedraf het nie, maar reg is om die volgende stap te vat.
Wie verdien om by die Bok-groep ingesluit te word?
Wanneer hierdie twee spanne op die veld draf, gaan dit nie net oor die punte op die telbord nie, dit gaan oor trots, geskiedenis en wie die naweek die meeste kan praat by die braai.
So die groot vraag is:
Wie dink jy gaan met die oorwinning wegstap – Suid of Noord?
Baie geluk aan Jonathan en sy vrou met die pragtige nuwe toevoeging tot julle familie!
Mag julle klein dogtertjie julle huis vul met liefde, lag en baie spesiale oomblikke. Ons TnT-span wens julle net die mooiste tye saam as nuwe ouers toe.
Welkom in die wêreld, klein prinses!
Na groot eer vir Rassie Erasmus as Coach van die Jaar en Malcolm Marx as SA Speler van die Jaar, laat dit ’n interessante vraag ontstaan…
Wie sou jy kies as Coach van die jaar en Speler van die jaar?
Hierdie week se gas is Tapiwa Mafura van die Golden Lions – en hy kom van ’n span wat sopas geskiedenis gemaak het.
Zimbabwe het die Rugby Africa Cup 2025 gewen en hul plek by die Rugby World Cup 2027 bevestig.
Hoe ver dink julle kan Zimbabwe in die Wêreldbeker gaan?
Met die Cheetahs wat net-net van bankrotskap gered is, laat dit ’n groter vraag ontstaan.
Moet daar meer aandag, steun en strukturele hulp wees om Vrystaat Rugby te beskerm en te laat groei?
Dis nie net oor een span nie – dis oor die toekoms van rugby in die Vrystaat.
Lekker verjaar, Jean de Villiers!
Mag jou dag vol wees van lekker lag, goeie mense en net genoeg chaos om dit onvergeetlik te maak. Jy bly ’n absolute legende van die game. 🏉💚
Mag daar koek wees, dalk ’n koue een of twee, en nul verantwoordelikhede vir die dag! 🥳