Elaine se stem bulder, skreeu en huil dwarsdeur die vertrek
...histeries
Toe tant Ansa die guns vra, het haar ma se oë gerek
...numeries
Het die "Mussie-we Gifsiklus" tannie Bernice gewek
...fanaties
Om Elaine op te stook om tant Ansa se guns te onttrek
...patologies
Oom Gert en Bets se seun besteel hul rot en kaal
Al is daar ook nie eers veel in hul woonstel om te gaps
Dis die dwelm-gogga waarteen hulle hul moet staal
Het die "Mussie-we Gifsiklus" die knaap se siel geraps?
Hospitaalbesoeke en toetse… bloeddrukpille
Daarna dapper-stapper omdat taxi-geld ontbreek
Hoe het die "Mussie-we Gifsiklus" se ruwwe steek
Hul lewe wreed gereduseer tot siekte-vullers?
Wanneer dit pap begin reën moet jy skep
Elke een van ons weet dit
Maar soms moet jy ook 'n paar woorde rep
Jou beste voet voor jou sit
Dis nou indien jy 'n ekstra skep of twee wil hê
Dis hoe die 'Mussie-we Gifsiklus" werk...
… die antwoord sal in witvoet manipulasie lê
Kinders skop fluks na 'n pap afgeremde sokkerbal
Terwyl hul jolige gille oor die sementblad knal
Lywige grootmense wat tam teen stoeptralies hang
Het die Mussie-we gifsklus dalk hulle hoop laat taan?
Gekraakte sement waaraan bakstene desperaat klou
Laat die verdiepings - vier van hulle - in die lug op vou
Dink jy dat ook die versletenheid van hierdie gebou
Treur oor die Mussie-we Gifsiklus se uitklophou?
Ek wil graag jou opinie oor hierdie verhaal wat ek geskryf het hoor. Stuur asb vir my 'n whatsapp na 0828531043. Ek stuur graag vir jou die PDF gratis.