As Christene word daar van julle verwag om soos Jesus te leef. Hy het vir julle ’n voorbeeld gestel hoe julle moet leef.Leef soos Hy geleef het.Onthou dan Hy het vir julle gely en nooit iets gedoen waarvan God nie gehou het nie.Wat Hy gesê het,kan julle maar altyd glo.
1 Pet 2:22
“Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir ’n ander een sleg is nie.”
Efesiërs 4:31 DB