Let’s play a game: Ramaphosa Address Bingo.
□ “We condemn all forms of violence and lawlessness.”
□ “South Africa is a nation governed by the rule of law.”
□ “We acknowledge the concerns of communities.”
□ “We cannot blame foreign nationals for all our problems.”
□ “A multi-stakeholder task team will be established.”
□ “Government departments will work together to address the matter.”
□ “We are strengthening border management.”
□ “Law enforcement agencies have been instructed to act.”
□ “We must balance security with human rights.”
□ “Social cohesion is important.”
□ “We call on communities to remain calm.”
□ “Those who break the law, regardless of nationality, will face consequences.”
□ “We are engaging regional partners.”
□ “This matter requires a whole-of-government approach.”
□ “South Africans and foreign nationals must live in peace.”
□ “A report will be submitted to Cabinet.”
□ “We remain committed to finding lasting solutions.”
Did I miss any of the classics?😂
DIE AFRIKANER SE ENGELSE PROBLEEM
Ek moet bieg: tot my skande, was my ma op 'n Engelse skool. Jeppe Girls High, in die ooste van Johannesburg. Dieselfde onderwysinstelling wat Ruth First, die aartskommunis en vrou van Joe Slovo, bygewoon het. Blykbaar het die skool haar sedertdien postuum vereer. Dis nou Ruth First, nie my ma nie.
Die Amerikaanse digteres Sylvia Plath het in een van haar gedigte geskryf: "Every woman loves a fascist." Sy moes eerder gesê het: "Every Englishman or -woman loves a communist." Ten minste in Suid-Afrika.
My ma se moedertaal was egter Afrikaans en my ouma was 'n nooi Botha. Haar pa was 'n bittereinder in die Tweede Vryheidsoorlog wat op 12 April 1902 by Rooiwal teen 'n Engelse oormag gewond is. Hy het 'n boek oor sy oorlogsherinneringe geskryf met die titel, "Met ryperd en Mauser".
Daarom het ek nooit 'n woord Engels met my Engels opgevoede moeder gepraat nie. My pa was 'n stoere Afrikaner en hy het toe ek op laerskool was, vir my gedigte van A.G. Visser voorgelees en op die klavier "O Boereplaas, geboortegrond" gespeel en gesing dat die dak daarvan gedreun het. Ek onthou dit soos gister.
'n Ier wie se naam ek nou vergeet, het 'n boek geskryf met die titel, "The Afrikaner's English problem" en as Ier sou hy seker goeie insig daarin hê. Iere is deur Engelse uitgemoor en onderdruk, nes Afrikaners.
Dis 'n baie groot onderwerp. Maar kom ons hou dit by die persoonlike en familieaangeleenthede. Destyds in die ooste van Johannesburg was daar geen Afrikaanse skole nie; vandaar my ma se plasing by Jeppe Girls High. My ooms was ingelyks by Engelse skole, daarna Wits en het agterna met Engelse vrouens getrou. Daarom is my familie aan moederskant geheel en al Engels. My een tante - Shirley was haar naam - het so 'n sproeterige Engelse gesig gehad en het gerook, jenewer gedrink, brug gespeel en eenkeer op TV 'n vasvrawedstryd oor die romans van Charles Dickens gewen.
My een Engelse oom se voorname was Johannes Petrus, wat sy Afrikaanse afkoms weerspieël. Almal het hom "Johan" genoem, maar hy was 'n Engelse Johan. Hoewel ek en my Engelse neefs en niggies kleintyd lekker saamgespeel het, sien ons mekaar deesdae hoofsaaklik by familiebegrafnisse.
My een neef woon in Kalifornië. Sy jonger suster, dus my niggie, is glo baie ryk. 'n Wildvreemde persoon het eenkaar teenoor my genoem dat sy "die helfte van Bedfordview" besit. Bedfordview is 'n redelik gegoede voorstad in die ooste van Johannesburg. Toe ek 'n paar jaar gelede whatsappboodskappe aan haar gestuur het, het ek net blou regmerkies gekry, asof ek 'n vreemdeling was. Deur die riemtelegram het ek ook gehoor dat van my Engelse familie nie daarvan hou dat ek vriende met Steve Hofmeyr is nie. Dalk is dit Steve, dalk het ek nie genoeg geld nie. Ek weet nie.
Ewenwel, ek en my jongste niggie kom nogal goed oor die weg. Sy stel in ons familiegeskiedenis belang en stuur gereeld vir my allerlei brokkies oor wat ons gemeenskaplike oupas en oupagrootjies gedoen het. Onder andere het my oupagrootjie aan moederskant, wat blykbaar die rykste man in Standerton was, sy vrou en kinders na Dresden in Duitsland gestuur toe die Britse konsentrasiekampe in 1900 verrys.
Binnekort gaan ek dalk 'n draai in Dresden maak en dié stad bewandel terwyl ek dink dat my oupa as klein kind hierheen gevlug het om aan die Britse konsentrasiekampe te ontkom. Later sou die Britte en Amerikaners natuurlik 300 000 Duitse burgerlikes in Dresden met brandbomme uitmoor. Sulke "goeie mense", die Engelse. Aan sedelesse teenoor ander volkere, ontbreek dit hulle natuurlik nooit.
Eergister het ek en my Engelse niggie saam gaan koffie drink. Sy woon nou juis in die ooste van Johannesburg en ons het verby my ma se ou skool gery. Sy het ook die huis in Kitchenerstraat, Kensington, waar my ma-hulle gewoon het, aan my uitgewys. Die hele voorstad Kensington wemel van die Engelse name wat Kitchener, Roberts, Milner en Rhodes verheerlik. Daar is ook 'n "Queenslaan".
Ek en my niggie praat Afrikaans. As sy 'n sekere Afrikaanse woord nie verstaan nie, vra sy my om dit te vertaal. Maar vir 'n tweedetaalspreker praat sy eintlik goed. Sy vra so half om verskoning vir al die verskriklike imperiale straatname in Kensington. Daar is glo sprake dat van die name verander gaan word, maar die nuwe name sal ANC-name wees, dus die name van swart Britte.
Ná die warm drankies, eet ons 'n ligte middagete in 'n plek wat sy 'n "bistrot" noem, steeds in Kensington. Ons praat oor familie, maar ook 'n hele verskeidenheid ander onderwerpe. Ek ontvang geraamde foto's van ons stamvaders en -moeders van haar, Bothas en Venters. Na die einde van die gesprek toe, vertel sy my heel ernstig dat haar ma "Afrikaners nie kon verdra nie". Ook haar een ouer suster haat dit steeds om vir sake platteland toe te moet gaan, want "almal daar is só Afrikaans".
Teenoor haar merk ek skertsend op dat Engeland se enigste bydrae tot die wêreld 'n paar verengelste Ierse skrywers was, asook enkele fabrieke vir manskoene in Northamptonshire. Vergeleke met Frankryk of Italië, is Engeland 'n afskuwelik lelike plek vol mense wat baie drink en oneetbare kos verorber.
Wat is Engelse kultuur? Drank, hebsug en status. Op Engels klink dit amper nog beter: "Booze, greed and status."
Ongelukkig het baie Afrikaners die Engelse etos hulle s'n gemaak. Maar gelukkig is "ons nie almal so nie". Om nou Jeanne Goosen, een van die mees oorskatte en waarskynlik anglofiele skryfsters in Afrikaans, aan te haal. My hele lewe lank probeer ek myself verontengels. Ek vlug weg van die Britse Ryk soos my oupa van die Britse kampe.
Hier in die verre noordelike voorstede van Johannesburg, is ek omring daardeur: drank, hebsug en status. Ek is bevrees die swart elite het dié moraal hul eie gemaak. Wit of swart, die Brit kom net in een model. Hy ry 'n Land Rover en koop drank by die kratte vol. Hul huise is so groot soos hul ego's. Hulle sien neer op Afrikaners, want sedert 1806 werk dit mos só. En al regeer die ANC, die Engelsman bly baas. Of ten minste, hy of sy dink so. Kyk maar vir Zille, wat Johannesburg gaan "herower".
Mense hier rond behandel my soos 'n vreemdeling, as iets wat die kat ingedra het. Al het ek beter maniere, al trek ek soveel beter as hulle aan... Maar in hul Engelse wêreld is ek nie belangrik nie, net nog 'n "hardkoppige Afrikaner wat weier om te verdwyn". Jare gelede het ek by 'n sosiale geleentheid in 'n argument oor Afrikaans betrokke geraak met 'n Engelsman wat hom verbeel het dat hy 'n groot finansiële kenner was. Hy was ook 'n vurige ondersteuner van die ANC. Oplaas het hy teenoor my uitgeroep: "You're just a fucking tenacious Boer!"
Hy het dit as 'n belediging bedoel. Maar ek sien dit as iets van 'n kompliment. Dit herinner my aan daardie onsterflike reël aan die einde van "Bart Nel": “My kry hulle nooit. Ja, ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy.”
@RobynPorteous Are the South Africans in question part of Donnie's little project? Because that is the only way anyone would have 80 South Africans in one place to hire. Alternatively, we are talking of those legendary abusers of the SA passports.
@AwalMoHudu Your country could be doing a good thing, nationalising it's mineral wealth, from a UK company, but you are so hung up on stupidity that you will drag South Africa into your non-debate!
@OmanoE@RediTlhabi@ClaysonMonyela Is your country visa-free for South African? The UK? The US? Only if you respond 'Yes' to all three would your argument hold meaning.