Die aktrise Michelle Botes sou vandag verjaar het. Sy is in Desember 2024 aan kanker dood. Sy is gebore in Kaapstad en het aan die Hoërskool Zwaanswyk gematrikuleer en was hoofmeisie. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad gestudeer.
Die liedjieskrywer en sanger Coenie de Villiers is vandag 70.
Die Vrystaat, waar De Villiers as Bloemfonteiner grootgeword het, het ’n invloed op hom gehad. Die familieplaas is in die Suid-Vrystaat. Hy was ‘n radio-omroeper en TV-aanbieder.
Kobus de Witt, lid van die eertydse musiekduo Kobus en Hannelie, is op 10 Oktober 1945 in Pretoria gebore. Hy was ’n leerling aan die Laerskool Menlopark en Afrikaanse Hoër Seunskool en het medies aan die Universiteit van Pretoria gestudeer.
Die akteur Gerben Kamper is vandag 77. Hy is een van sewe kinders en sy ouers was Nederlandse immigrante.
Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestudeer.
Hy is getroud met Atie (haar doopnaam is Adriana, ook haar ouma se naam) en hulle het twee kinders.
Die visuele kunstenaar Karin Preller verjaar vandag. Sy het aan Helpmekaar Kollege in Johannesburg gematrikuleer.
Sy het regte aan RAU geswot en later skone kunste aan Unisa, waar sy in haar finale jaar die fakulteitsmedalje as die beste student ontvang het.
Die visuele kunstenaar Judith Mason is op 10 Oktober 1938 in Pretoria gebore.
Judith Seelander Menge het haar kinderjare in Zeerust en Bosbokrand deurgebring en haarself leer lees en skryf.
Maso is op 29 Desember 2016 in haar huis in Witrivier, Mpumalaga, dood.
Die veteraan-uitsaaier Riaan Cruywagen is vandag 81.
Cruywagen is die aanbieder van die kykNET-program Met ’n huppel in die stap en het Haas Das se stem in Louise Smit se gelyknamige kinderreeks vertolk, ’n karakter wat nuus lees.
Die akteur Gustav Gerdener verjaar vandag.
Hy het aan Grey Kollege in Bloemfontein gematrikuleer en aan die Universiteit van die Vrystaat ‘n BA-graad in drama verwerf en die Elza Krantz-medalje ontvang.
As student het hy in die sepie Egoli: Plek van goud verskyn.
Die sanger en musikant Francois van Coke is vandag 46.
Hy is as Francois Badenhorst in Brakpan aan die Oos-Rand gebore en het in Bellville in die Noordelike voorstede van Kaapstad grootgeword. Hy was in die Hoërskool Bellville en is ‘n stigterslid van onder meer Fokofpolisiekar.
Gordon Vorster, visuele kunstenaar, akteur en rolprentmaker, is op 17 September 1924 in Warrenton gebore.
Hy het skone kunste aan Wits gestudeer en was die skepper van sowel dokumentêre as speelfilms. Hy is in 1988 dood in sy kliphuis naby Broederstroom.
Aletta Gericke, medestigter van die Akademie vir dramakuns (ADK), is op 17 September 1915 in Oudtshoorn gebore.
Haar outobiografie, Herinneringe, is in 2003 uitgegee. Sy is op 16 Februarie 2005 op 89-jarige leeftyd dood.