Dr Zakeera Docrat is a forensic/legal linguist, author and researcher.
Live interview with Dr Zakeera Docrat @zakeera_d
📻Station: Zibonele FM @ZiboneleFM98_2
📅26 August 2021 @ 20h00
#WomensMonth2021
Ons neem met leedwese kennis van die heengaan van Shaleen Surtie-Richards. Haar loopbaan as aktrise het haar tot volksbesit verhef en sy is in 2017 met 'n Kokertoekenning vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaans vereer. Totsiens Shaleen, Fiela. Ons mis jou.
Doelbewuste taalbeplanningspogings om N/uu te laat herleef. Wonderlike idee om by ñ kinderboek te begin. Vir ñ taal om te leef moet dit ñ soet smaak in die monde van dié taalgemeenskap se kinders hê. https://t.co/uLpWXoroNa
Kokerwenners 2020: Johan Blaauw se bydrae om Afrikaans, maar ook Setswana en Suid-Sesotho, as akademiese tale in die hoëronderwysdomein te ondersteun is prysenswaardig. Hy word vereer met ʼn Koker vir bemagtiging deur Afrikaans. https://t.co/rGVBlf8Rmj
Kokerwenners 2020: Prof. Ernst Kotzé word vereer met ’n Koker vir sy lewenslange bydrae danksy ’n uiters suksesvolle loopbaan in diens van Afrikaans op verskeie terreine. Sy werk oor Moesliem-Afrikaans maak hom een van die baanbrekers op hierdie terrein. https://t.co/knOmLWG9Zn
Kokerwenners 2020: Dr. Danny Titus, bekende menseregte- en taalaktivis wat vroeër vanjaar oorlede is, ontvang postuum ’n Kokertoekenning vir sy rol in die beskerming van Afrikaans. https://t.co/8lshkAetwP
Om uitgawes aan onderwys te besnoei, getuig van misplaaste prioriteite. Onderwys speel 'n sleutelrol in die oordrag taal tussen die generasies, Afrikaans inkluis. Tale ontwikkel daarmee ook tot instrumente van bemagtiging.
Die nuwe taalbeleid van die #LPC (Legal Practitioners Council) bevestig 'n koloniale praktyk waarvolgens regters, beskuldigdes en getuies wat almal dieselfde inheemse taal magtig is, Engels moet praat. Dié elitisme ontken geregtigheid en verniel ons tale.
Ons treur oor die dood van ons suster, vriendin en kollega, Lungi Ngondo, die koördineerder van die Indigenous Languages Action Forum. Sy het haar lewe aan opvoeding en die bevordering van meertaligheid en die inheemse tale gewy. Ons harte gaan uit na haar familie.