Let go and let God.
Kind van God.
Lief vir natuur, diere.
Hou van fotografie.
Verpes leuens en skynheiligheid.
Getroud met 'n wonderlike man
NO PORN 🚫
NO DM 🚫
Wanneer die lewe swaar raak, onthou: ons Koning sit aan die regterhand van God en tree vir ons in. Ons hoop lê nie net in hierdie wêreld nie, maar in die ewige heerlikheid wat wag vir elkeen wat in Christus glo.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
@Moerlampoer Ek glo jou, seker erg warm. Het darem jare aan KZN se noord kus en in Durban gebly, nou nie so warm soos daar nie, maar ek kies dit bo koue. Kan min of nat klere aantrek, swem, stort, hoef nie te sit en bewe en soos 'n eskimo te lyk nie. 🌞
@Moerlampoer@Meraai2015 Die vieslike vuil gemors het geen skaamte nie. Op 74 jr oud, jare getroud, 3 kinders, broer en suster, 8 kleinkinders, het ek beslis nie videos en fotos nodig om te wys hoe lyk en werk menslike anatomie nie. 🙈😡
@Moerlampoer@Meraai2015 Ek het seep gekort, het lelik gepraat en toe skaam gekry en dit verwyder. Gelukkig het niemand dit gesien nie, wel ek hoop nie so nie. 🙈🙊
Ons moet geestelik onderskei, deur die leiding van die Heilige Gees, om altyd by die waarheid van die Woord te bly. Ons kan met vrymoedigheid teen die leuen kies en sodoende op die nou pad bly.
Goeiemôre, seënwense🙌🏻
@Moerlampoer Dankie Dawie. Ek weet ons het seker winter ook nodig, wens net ek kon hom fastforward. Gelukkig is Pta warmer as Meyerton. Ek het my bêrsie vir die aande voor die TV gewas en hou hom gereed vir wanneer nodig. My vol eskimo gewaad is seker nie nodig nie.
Lekker en veilig doeks 😴
@SchalkdT Môre Schalk. Dis koud, maar nie lekker nie. Brrrr, jy weet ek is nie 1 vani ysbere nie. Nie maats met koue nie, dan kry ek niks gedoen nie. Die erge koue kom nog 🫣 Stoepsit en koffie drink gaan eers later ini dag gebeur. Mooi dag vir jou 🙏☕️🦋