ICYMI Johan het die Legkaart Ritme met die fliek Oceans 11 vergelyk. Luister dit gerus op SoundCloud (https://t.co/kSspTcVbOB) of kyk weer op Youtube (https://t.co/b5O00AktwH)
ICYMI Het jy geweet dat ons opnames van die preke weekliks op SoundCloud laai? Dis 'n maklike manier om in die ritme van die 7 Ritmes met Jesus te bly en dieper daarna te luister. Gaan luister nou by https://t.co/fWLBL0lcr1
360-Teens is nog dringend op soek na ʼn groepleier by graad 9 seuns en graad 8 en 9 meisies groepe. Skakel asseblief met Christi Thirion as jy ons hiermee kan help.
Daar is ook ruimte vir pakleiers, (voorbereiding v hulpmiddels); en kuierleiers, (hulp met social en kuier)
Ons skop die jaar af met 'n nuwe Connect reeks: "7 Ritmes met Jesus". Kom woon die Woord en Wyn funksie by - Connect lede en belangstellendes is almal welkom. Maandag, 23 Jan @ 19h00 in die Vistenk.
Ons bedieninge hervat weer volstoom vir 2023. Ons gaan in die familiediens die opwindende dinge wat voorlê vir die kinderkerk deel en die tienerbediening skop Sondagaand 17:30 af, net voor die aanddiens. Kom deel in die gemeenskap en fees van God se goedheid.
Welkom terug na die vakansie en voorspoed vir die nuwe jaar. Die kerkkantoor is weer oop en ons nooi julle na ons eredienste, wat volstoom aan die gang is.
Hierdie Sondag is Kersfees en ons verwelkom almal wat naby is. Die erediens uit die kerk word ook regstreeks op ons Youtube kanaal gedeel en is later ook daar beskikbaar.
Ons eredienste gaan hierdie naweek soos gewoonlik voort. Indien julle in die omtrek is, kom aanbid saam met ons. Indien julle reeds weg is met vakansie, is die erediens ook op Youtube.
Die jeugbediening het afgesluit vir die jaar, maar ons verwelkom julle graag vir ons eredienste. Kom aanbid Jesus, die koning en ontvang versterking en bemoediging uit sy groot genade.
Sondag was die afsluiting vir #kenridgetieners se reeks Wilde Geloof. Ons het die tema "Vasbyt" in Tygerberg Natuurreservaat bespreek. Sterkte vir elkeen met die eksamen en geniet die vakansie. Ons skop weer af met groepe op 22 Januarie 2023.