StudentePlein is 'n metakampus vir Afrikaanse studente.
https://t.co/I7S98fJo4H
Ons metakampus strek bo-oor staatsuniversiteite se gestandardiseerde akademiese, sosiale en kulturele geleenthede (als Engels). Ons metakampus bied betekenisvolle geleenthede *in Afrikaans*.
StudentePlein neem kennis van die besluit om Wilgenhof te sluit. Die Universiteit wil ook ander koshuise sluit of onherkenbaar verander. Die korrekte antwoord op die afskaffing van koshuise, is om private alternatiewe na te streef waar ons kan. Ons werk aan ‘n plan.
Vroeg Februarie het StudentePlein ons ikoniese OpSkop! sokkie 2.0 aangebied.
Die aand was gevul met goeie wyn, moeë voete van lekker dans, en natuurlik fantastiese Afrikaanse geselskap.
Ons is só trots om die nuwe studente weer lief te maak vir hulle taal ♥️
StudentePlein het vroeër die maand die nuwe 2024 eerstejaars gaan ontmoet by die jaarlikse "Societies Fairs". Tenspyte van die hitte, was ons nuwe lede opgewonde en gretig om meer te leer.
Ons sien uit om die nuwe generasie van Maties weer lief te maak vir hul taal.
StudentePlein het op 'n gereelde basis verskeie lede geleenthede. Kom ontmoet jou Afrikaanse gemeenskap, en maak waardevolle vriendskappe! Daar is ietsie vir almal.
Ons skep 'n spasie waar jy autentiek Afrikaans kan wees. Dans, kuier en gesels in jou eie taal.
StudentePlein neem taalklagtes baie ernstig op.
In 2023 het ons namens verskeie gegriefde studente die taalverbod tydens verwelkoming teëgestaan en namens ons lede regsaksie en druk toegepas. Ons hanteer klagtes vinnig, effektief en vertroulik.
StudentePlein kan twee dinge waarborg: Ons beskerm jou taalregte, en skep nuwe geleenthede in Afrikaans.
Ons maak 'n verskil in die Afrikaanse studentegemeenskap van Stellenbosch. Jy het die reg tot jou moedertaal.
Meld enige taalklagtes hier:
https://t.co/d6HKPzAZkI
🏆🏆🏆
Begin jou 2024 jaar reg - kom skoffel saam StudentePlein in jou taal 😏♥️
OpSkop! sokkie nommer een was so 'n lekker aand, dat dit 'n sonde sal wees om dit nie weer te doen nie.
Sien ons jou daar? 😏💃
#sokkie#studente#wyn#dans#stellenbosch#Afrikaans
StudentePlein het op 23 Januarie ons eerste geleentheid gehad! Padel Social 2024 🎾🤩
Daar is gekuier, gespeel en nuwe kennisse gemaak, alles in Afrikaans.
Sport, akademie, kultuur en sosiaal: daar is iets vir almal.
StudentePlein - jou tuiste in Afrikaans op Stellenbosch. 🏡
StudentePlein het op 23 Januarie ons eerste geleentheid gehad! Padel Social 2024 🎾🤩
Daar is gekuier, gespeel en nuwe kennisse gemaak, alles in Afrikaans.
Sport, akademie, kultuur en sosiaal: daar is iets vir almal.
StudentePlein - jou tuiste in Afrikaans op Stellenbosch. 🏡
Die beoordeelaars hoef nie eers twee keer te gedink het oor díe een nie - StudentePlein kraai koning by die 𝘋𝘪𝘯𝘬 𝘰𝘧 𝘚𝘪𝘯𝘬 debatskompitisie! 👏🏆
Daar was nie eers bietjie water getrap nie 😉 Baie geluk aan ons manne! Ons is trots op julle!
Dit is StudentePlein se missie om 'n tuiste te word vir Afrikaanse studente. OpSkop! sokkie het behoorlik ons lede bymekaar te bring. Daar is gelag, gesels en gedans - trots in ons eie taal. OpSkop! sokkie 2.0 wink in die nabye toekoms ... 💃🕺
Die Universiteit Stellenbosch het verskeie studente se menseregte geskend deur hulle te verbied om Afrikaans te praat in sosiale kontekste. 👉🏼 https://t.co/UVpEV4Vyit || @anevanzyl16
Ons verwelkom die MRK se verslag, vanoggend gepubliseer, wat @StellenboschUni skuldig bevind aan onbillike inbreukmakings op taalregte- en vryhede en vryheid van spraak d.m.v. hul slegs-Engels beleid.
Lees ons verklaring hier:
https://t.co/34LQOx1Q1s
Ons vier hierdie week Internasionale Moedertaal Dag! 🥳
Ons personeel brei bietjie uit oor StudentePlein - in hul moedertaal.
Lewer 'n kommentaar of retweet hierdie plasing in JOU moedertaal!
StudentePlein sal nie ophou tot elkeen ongebreideld in hul eie taal mag praat by @StellenboschUni nie.
Ons bou ook voort aan alternatiewe vir Afrikaanse studente -- meer aankondigings binnekort!
https://t.co/c94fjLd0A9 via @Netwerk24
NUWE VERBOD OP AFRIKAANS BY US |
StudentePlein staan tans studente by na nuwe voorvalle van verbod op Afrikaans in sosiale ruimtes by @StellenboschUni
Ons oorweeg dringend opsies en stappe om ons lede en alle Afrikaanse studente te beskerm.
VERKLARING:
https://t.co/0XiMLjYm9O
NUWE VERBOD OP AFRIKAANS BY US |
StudentePlein staan tans studente by na nuwe voorvalle van verbod op Afrikaans in sosiale ruimtes by @StellenboschUni
Ons oorweeg dringend opsies en stappe om ons lede en alle Afrikaanse studente te beskerm.
VERKLARING:
https://t.co/0XiMLjYm9O
Om die jaar 2022 op 'n goeie noot af te sluit, stig een van ons lede, Elbun Lambrechts, sy eie organisasie genaamd Youth Empowerment Organization!
Ons is trots op jou, Elbun!
Lees meer hier: https://t.co/rWRNOTbAa2