Lesing 4: In die opsomming van die vierde lesing het @moniquerabe7 en @janaluther 'n oorsig gegee oor die proses wat die @Taalkommissie volg om die AWS te hersien, asook hoe dit verskil van ander taalhulpbronne. https://t.co/FrRePsVvIN
Lesing 2 en 3: In die opsomming van hierdie lesings het @SulenePilon ’n kort oorsig aangebied oor die inhoud van die AWS, met spesifieke verwysing na verskille tussen die 2017-AWS en vorige uitgawes.
https://t.co/EoC8sK7dvD
As kommissie van die @SAAkademie is die TK se opdrag die kodifisering van “algemene, geskrewe Afrikaans”. Só sal ons voortaan na dié gestandaardiseerde skryfvariëteit van Afrikaans verwys. 3/4
Die einde van Standaardafrikaans? Dankie aan @heintweets (gesprekleier) en die paneel, Gerda Odendaal (@DieWoordeboek), Rudolf Stehle (@Netwerk24) en Ria Olivier (@Taalraad), wat dié onderwerp aangedurf het. 2/4
Die Taalkommissie se derde sitting vir 2023 is Dinsdag afgesluit met ’n hibriede seminaar oor “Standaardafrikaans”, “herstandaardisering” en wanpersepsies omtrent beide. 1/4 @SAAkademie
Hoe gemaak met standaardtaal? Vir ’n paneelgesprek oor dié netelige kwessie, en ’n oorsig van die TK se werksaamhede, nooi ons jou hartlik uit om op Dinsdagoggend 6 Junie 2023 by ons aan te sluit.
RSVP voor 1 Junie 2023 by die onderstaande skakel.
https://t.co/PlNRAIp0fv
Is jy 'n taalwerker of navorser wat jou toespits op die taalpraktyk? Oorweeg dan die volgende geleentheid van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) om jou navorsing met 'n gehoor vol kundiges in die veld te deel.
Is jy 'n student of navorser wat jouself besig hou met die beskrywing van enige deel van die Afrikaanse grammatika? Besoek die volgende webblad vir meer inligting oor vanjaar se Afrikaansgrammatikawerkwinkel (AGW): https://t.co/bCBxNBAidp.
🧠 Did you know that some people can't visualize images in their mind? It's called #aphantasia, and it affects about 3-5% of the population. Are you one of them? #MindWonders
Kan taalkundige beginsels gebruik word om die werk van ‘n kletsbot te identifiseer? Luister om 11:05 in #Taaldinge met @inastrydom wat taalkundige prof. Ernst Kotze hieroor sê. #forensieselinguistiek