Meer as ’n politieke party, verbind tot dienslewering en verantwoordbaarheid. | More than a political party, committed to service delivery and accountability.
When a burst sewage pipe contaminates the drinking water of thousands of Tshwane residents, it is not merely a technical fault – it is a clear sign of negligence and poor maintenance.
Read the full statement here: https://t.co/cILUBwZIzb
Wanneer ’n gebarste rioolpyp die drinkwater van duisende Tshwane-inwoners kan besmet, is dit nie net ’n tegniese fout nie – dit is ’n duidelike teken van nalatigheid en swak instandhouding.
_______________
Lees die volledige verklaring hier:
https://t.co/cILUBx0goJ
Not sure who your VF Plus candidate is? Find out in under a minute!
Type in your first name, surname and ID number and see who is your ward candidate. It is time, go vote on 4 November VF Plus!🗳️💚
Weet jy wie jou VF Plus-kandidaat is? Vind binne ’n minuut uit!
Tik jou naam, van en ID-nommer in en sien wie is jou wykskandidaat. Dit is tyd, stem op 4 November VF Plus!🗳️💚 @MulderCorn@Willie_Spies@RenaldoGouws
Die VF Plus veroordeel die optrede van amptenare en lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) wat Woensdag die elektrisiteit by die Paul Kruger-kinderhuis in Villieria onwettig ontkoppel het, ten sterkste. Dit grens aan misdadigheid.
Die amptenare het die kragboks oopgebreek en die hoofstroombreker met geweld verwyder oor beweerde wanbetaling.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/TRF25QuVFy
Die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) van die minister van finansies, Enoch Godongwana, gee aandag aan die land se ekonomiese werklikhede wat drasties verander het sedert die begroting in Februarie ter tafel gelê is, hoofsaaklik weens die internasionale olieprysskok.
Hierdie werklikheid sluit in baie laer as verwagte ekonomiese groei, hoër as verwagte inflasie en gebrekkige dienslewering. Lewensonkoste het deur die jaar buitensporig gestyg, met veral die geweldige verhoging in brandstofpryse wat groei demp en Suid-Afrikaners verarm.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/emzqVHQkxq
Die VF Plus het vandag teen die Mogale City-plaaslike munisipaliteit se voorgestelde 2026/27-begrotingsaanpassing van R160 miljoen vir waardevermindering en batevermindering gestem weens onvoldoende inligting om die noodsaaklikheid en omvang van die aanpassing behoorlik te beoordeel.
Inwoners van Mogale City het die reg om te weet hoe hul belastinggeld bestuur word en waarom so ’n beduidende aanpassing nodig geword het.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/rxWEBUaMQI
Die Thaba Chweu-plaaslike munisipaliteit se voorgestelde finansiële herstelplan wek ernstige kommer aangesien dit berus op aannames waaroor daar nog nie voldoende bewyse aan die raad voorgelê is nie.
Luidens die jongste verslae staar die munisipaliteit 'n onbefondsde begrotingstekort van sowat R1,04 miljard in die gesig.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/O5UDZFkznj
Die huidige ActionSA/ANC/EFF-koalisie in die Tshwane-metroraad laat kritieke munisipale infrastruktuur en sleutelpunte net twee weke voor die verkiesing sonder enige sekuriteit.
Die VF Plus kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat sekuriteitskontrakte doelbewus, of deur growwe nalatigheid, toegelaat is om te verval sodat die weg berei kan word vir totale anargie wanneer die huidige bewind op 4 November deur die kiesers verwerp gaan word nie.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/gB3GBWAvA8
Die aanhoudende wateronderbrekings in Randfontein en omliggende gebiede kan nie so voortduur nie en die VF Plus het ’n skrywe hieroor gerig aan die uitvoerende burgemeester van Rand West City, mnr. William Matsheke.
Die party eis duidelike antwoorde oor waarom die krisis ná byna drie jaar steeds nie opgelos is nie.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/95rCxRkg0s
Die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, Nasiphi Moya, het openlik verantwoordelikheid aanvaar vir nalatigheid nadat die Bronkhorstspruit-watersuiweringswerke byna drie weke lank onbehandelde water aan inwoners verskaf het.
Tussen 24 September en 14 Oktober 2026 is water sonder chloor gelewer. Dit het daartoe gelei dat 408 mense – die meeste kinders onder vier jaar – met maagdermsiektes in die hospitaal beland het.
________________
Lees die volledige verklaring en verslag hier: | Read the full statement and report here:
https://t.co/85PfWL6Yk5
ʼn Aansoek om woonhuise in Royldene in studentebehuising te omskep, is gister teruggetrek. Dit volg nadat die VF Plus die moontlike gevolge daarvan onder inwoners se aandag gebring het.
Die VF Plus wil beklemtoon dat studente wel huisvesting benodig, maar dat nie elke woonhuis vir dié doel geskik is nie.
_______________
Lees die volledige verklaring hier:
https://t.co/ZvZ8LoYpgR
👷♂️ Time for public servants to serve the people! | Tyd dat amptenare werk vir inwoners! 👷♂️
The Freedom Front Plus is convinced that one of the root causes of poor service delivery is the unchecked implementation of Affirmative Action, whereby experienced managers and professionals have been forced out of municipalities and replaced by ANC cadres. Consequently, individuals with limited or no capacity to properly serve the public – as required by municipal legislation – have taken control of essential and basic services, which are now collapsing countrywide.
Die VF Plus is daarvan oortuig dat een van die kernoorsake vir swak dienslewering die ongebreidelde toepassing van regstellende aksie is waardeur ervare bestuurders en professionele lui uit munisipaliteite verstoot en vervang is deur ANC-kaders. Derhalwe het persone met beperkte of geen vermoëns om die publiek behoorlik te dien, soos vereis deur munisipale wetgewing, beheer geneem van broodnodige en basiese dienste wat nou feitlik inmekaar stort regoor die land.
Die jongste waarskuwing en veiligheidswenke van die polisie oor die skerp styging in veediefstal in die Vrystaat, is nie genoeg nie.
Boere doen reeds alles in hul vermoë en bestee miljoene rande aan privaatsekuriteit en kamerastelsels om hul vee te beskerm.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://t.co/dDm3eVzGBG
Die VF Plus verwelkom die onlangse suksesvolle optrede deur wetstoepassingsagentskappe teen onwettige gouddelwers (Zama-Zamas) in die omgewing van Sabie, Graskop en Pelgrimsrus.
Die party glo dat sy volgehoue druk ’n bydrae gelewer het om hierdie kwessie bo-aan die provinsiale agenda te plaas.
_______________
Read the full statement here: | Lees die volledige verklaring hier:
https://t.co/BOAPWDOCBB