Afrikaanse Rugby Kommentator by Super Sport, Seremoniemeester en Motiveringspreker, Besigheids Adviseer by Grootfm 90.5, Sportverslaggewe by Kanaal7 in Nambie.
Vanaand 20:00 op SuperSport 11 - Dstv Kanaal 211 - gesels ons met Rapport se spesialis rugbyskrywer, Hendrik Cronje, en bekroonde joernalis en skrywer, Dan Retief, oor die komende Britse en Ierse Leeutoer! Kom kuier saam met hierdie kenners en nooi sommer jou vriende ook uit!
Vanaand 20:00 bring ons die voormalige Springbok slot, Hennie Bekker, na jou sitkamer! Steek aan die kaggel en kuier saam op SuperSport 11 - Dstv Kanaal 211!
Vanaand 20:00 gesels ons met die voormalige Springbok, André Pretorius, oor sy loopbaan, maar ook oor die Varsity Beker waar hy die span van Pukke afrig. Kuier saam op SuperSport 11 - Dstv Kanaal 211.
Rugby Kuiers het nou 'n vaste gleuf op Woensdag-aande op SuperSport 11 - Dstv Kanaal 211! Vanaand 21:00 gesels ons met die voormalige Springbok en Cheetah, Andre Venter, en van volgende Woensdag af kuier ons 20:00 met nog 'n bekende in die rugbywêreld!
Gesels vanmiddag 17:30 met die legendariese speler en administrateur en een van die bekende Strydom broers, Piet Strydom! Op SuperSport 11 - Kanaal 211.