“Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!”
PSALMS 42:12 AFR83 https://t.co/vBpl2Al6Um
“Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.”
JOHANNES 15:2 AFR83 https://t.co/eqjZy3grKz
“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”
2 KORINTIËRS 9:7 AFR83 https://t.co/ShdzKF2fCY
“Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.”
HANDELINGE 4:31 AFR83 https://t.co/Sx6lWuHWPZ
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.””
HANDELINGE 1:8 AFR83 https://t.co/fgZgeZ9Xbm
“Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek?”
ROMEINE 10:14 AFR83 https://t.co/Pr0pKQRA4y
“As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.”
SPREUKE 29:25 AFR83 https://t.co/9H3ngMYNyb
“Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.”
GALASIËRS 5:16 AFR83 https://t.co/Kh8osAjTtV
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.” https://t.co/ptwDxZ9oCQ
“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”
1 PETRUS 3:15 AFR83 https://t.co/fkDcAWFhrh
“Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig.”
JOHANNES 16:13 AFR83 https://t.co/EVokHfPNHk
“God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.””
JESAJA 12:2 AFR83 https://t.co/oAj67gPTrl
“God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.””
JESAJA 12:2 AFR83 https://t.co/oAj67gPlBN