@MzwaneleManyi@SpokespersonRSA Truth? The family asked that he stay in KZN so he has; government has sent the medical specialists to his preferred place; presidential protection continues to be granted to him at hospital and his home, his family asked that the Presidency NOT speak for him. Stop spewing BS.
Dear @emirates, thank u 4 being the only airline I have travelled on that knows what a gluten free meal is, & does not serve me boiled bland chicken with tomato sauce at EVERY meal, as @flysaa, @qatarairways & @British_Airways do! Am loving my excellent tasty variety of food.
VERKLARING
PLAASSLAGOFFERS IS NIE POLITIEKE PIONNE NIE
Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA) veroordeel Lex Libertas se beplande tentoonstelling van 3 000 wit kruise in Washington, DC, ten sterkste. Ons meen die veldtog buit plaasslagoffers se lyding uit ten einde ’n klein groepie se privaat politieke doelwitte te bevorder. Dit gee Amerikaners ’n skewe beeld van Suid-Afrika en kan rassespanning in ons land vererger.
Ons is Afrikaners. Geweld teen plaasgemeenskappe vervul ons met afsku. Slagoffers verdien geregtigheid en oorlewendes het ondersteuning en empatie nodig. Daar moet ongetwyfeld dringend opgetree word om plaasgemeenskappe in Suid-Afrika beter te beveilig.
Ons beswaar is dat slagoffers se lyding ingespan word om ’n misleidende narratief oor ons land te versprei en om politieke steun vir ’n klein minderheid te werf.
Plaasaanvalle is nie ’n ras-geïnspireerde veldtog nie
Geweldsmisdaad raak elke gemeenskap in Suid-Afrika, veral swart gemeenskappe. Navorsing wys dat plaasaanvalle meestal aan roof en ander misdadige motiewe te wyte is.
Rassehaat kan wel in ’n klein minderheid individuele plaasaanvalle ’n rol speel. Maar dit beteken nie dat plaasaanvalle in die algemeen deel van ’n veldtog van rassevervolging uitmaak nie.
Slagoffers se dood regverdig nie ’n aanspraak op selfbeskikking nie
Lex Libertas koppel die kruise openlik aan hul strewe om Amerikaanse steun vir “selfregering” te werf. Selfregering is egter ’n heeltemal ander gesprek. Die dood van plaasslagoffers kan nie as regverdiging daarvoor misbruik word nie.
Die organiseerders behoort te verduidelik hoe hierdie tentoonstelling mense gaan help wat met die bedreiging van geweld saamleef.
Die tentoonstelling ondermyn ons land
Die skewe beeld wat Lex Libertas voorhou, kan toeriste en beleggers afskrik. Dit kan plaaslik rassespanning aanwakker en samewerking bemoeilik tussen gemeenskappe wat mekaar nodig het om veilig te bly.
Die Trump-administrasie se besnoeiing van hulp aan Suid-Afrika, visumbeperkings en dreigemente van verdere optrede wys dat ons land klaar ’n politieke speelbal geword het, vir Amerikaners asook vir sekere plaaslik groepe.
Namate die Amerikaanse middeltermyn-verkiesing nader kom, is ons bekommerd dat die kruis-tentoonstelling die politieke misbruik van Suid-Afrika verder sal aanvuur en as vals regverdiging sal dien vir nóg Amerikaanse inmenging by ons soewereine land.
Suid-Afrikaners behoort nie die prys te betaal omdat ’n klein groepie politieke steun en geld in Amerika wil gaan werf nie.
Lex Libertas en sy bondgenote praat namens ’n minderheid
Lex Libertas praat nie namens alle Suid-Afrikaners of eens alle Afrikaners nie. Ons vertrou dat Amerikaners na ’n groter verskeidenheid Suid-Afrikaanse stemme sal luister.
@rashid_kay Kerry lost his arm in Uganda.
There was financial support: free housing, donated farm, security, free schooling.
We lived amongst the locals, not in camps. Rubbish.
Get facts.