Kaapstad, julle is ongelooflik! Al die AiG-konserte is TJOKKENBLOK! Ons maak spesiaal vir julle 'n 5de konsert oop - dit is die eerste keer ooit so help ons asseblief om rekords te breek en Afrikaans GROTER as óóit te maak. Klik hier: https://t.co/1gbtG73Ql1.
@Computicket
Kry vandag jou kaartjies vir #ClassicsIsGroot 2019. Met kunstenaars soos @MoniqueSteynSA, @elvisblue en @touchofclassmus wat ou treffers afstof en op hul besonderse wyse vertolk, beloof dié vertoning om jou mee te voer. Kry dit hier: : https://t.co/VuTqCMzi2N.
Dit is nog net een dag - net één slapie - voor die Afrikaans is Groot-konserte afskop! Ons hoop jy sien saam met ons uit en geniet dit - want ons kan nie wag om weer die grootste vertoning aan jou te bring nie. Trek gemaklik aan en maak reg om musiek - en Afrikaans - te vier.🎉
Hier is goeie nuus. Daar is 'n #blackfriday aanbod op AiG-kaartjies vir die konsert van 29 Nov. 19:30. Die eerste 200 kaartjies wat in die R350 prysklas verkoop word kry 2 kaartjies vir die prys van 1. Nou dít is 'n winskopie. Moet nie uitmis nie. Slegs by @Computicket.
KAAPSTAD NEEM KENNIS!
Is julle reg vir Afrikaans is Groot? Kaartjieverkope open nou om 09:00! Slegs beskikbaar by @Computicket. Maak seker julle mis dit nie, want dit gaan nóg GROTER wees! Klik hier om te bespreek: https://t.co/1gbtG73Ql1.
As jy nog nie die nuwe Afrikaans is Groot Vol. 11 dubbel-versamelalbum besit nie kan jy @touchofclassmus se nuwe snit, Ek Wil Eendag Kan Sê, môreaand vir die eerste keer op @jacarandafm hoor. Dié snit is dan die #HotHit met @itsDannyPainter. Luister saam.
Nog net #2dae voor #DieKontrak op @viatv begin! Wie gaan die nuwe Afrikaanse musiekster wees wat met 'n gesogte #ColeskeArtists-kontrak gaan wegstap? Maak seker jy skakel Woensdagaand in as @bobbyvjaarsveld, aanbieder van die program, jou op die pad saam met die deelnemers neem.
Bly hierdie naweek warm in die huis met @touchofclassmus se nuwe DVD. Hierdié DVD, Live, bevat uittreksels van optredes - hul vertolkings van Sound of Silence, Hotel California en Val Op Jou Knieë gaan jy nou oor en oor kan kyk. Kry dit vandag by @MUSICA_AFRICA .
Met @touchofclassmus se roerende en unieke musiek, doen hulle beslis hul naam gestand - want dié duo is beslis in 'n klas van hul eie. Jy kan hulle ook op die Afrikaans is Groot 2017-konsert CD en DVD hoor. Kry joune sommer nou by @MUSICA_AFRICA en hier: https://t.co/WwAkbN8V7x.