Van die stigting van die
Republiek op 31 Mei 1961
tot vandag vier ons
65 jaar van geskiedenis,
uitdagings, prestasies en
volharding. Mag ons die
toekoms met moed,
verantwoordelikheid en
hoop tegemoetgaan.
#CapeTownTaxesRatesCrisis The 40% of Cape Town’s residents who are expected to subsidise the other 60% in terms of the DA’s plans have started to push back. Well done. It is about time. https://t.co/fTOtlQdtYj
Convicted felon @Julius_S_Malema unknowingly compliments AfriForum. If @afriforum is blamed by the @EFFSouthAfrica for ensuring equality before the law by insisting that politicians should also be prosecuted if they transgress the law and place people’s lives in danger with the reckless use of a firearm, then we regard it as a compliment. Nobody is above the law.
Breaking: US State Department raises concerns about the Expropriation Act & abuses against Afrikaners & other minorities (see below). @AfriForum says that without decisive action by @PresidencyZA Ramaphosa against these abuses, the relationship with US cannot be fully restored.
Ons wens Adv Anton Alberts sterkte toe vandag waar hy namens die VF Plus optree in die Grondwethof teen die nuwe kopieregwet wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak! 👊🏻👏🏻 #vfplussuksesse
Solidariteit en AfriForum se VSA-besoek: Die waarheid oor ons missie
Nog ‘n mediahuis is Vrydag skuldig bevind aan waninligting.
Solidariteit en AfriForum het onlangs die Verenigde State van Amerika besoek, kort nadat president Trump ’n uitvoerende bevel onderteken het wat ‘n stuk kritiek teen Suid-Afrika was.
Ons missie was om die waarheid oor Suid-Afrika te vertel en terselfdertyd vir die land op te tree. Dit help nie om met leuens te probeer om iets soos die AGOA-wet of bilaterale verhoudinge met die VSA te red nie. Daar is tans ’n diep diplomatieke breuk tussen die twee lande, nie bloot ’n geringe misverstand nie.
Ons besoek was wettig en in die belang van Suid-Afrika. Trouens, daar het selfs ’n plig op ons gerus om dié besoek af te lê.
Wat ons in die VSA gesê het, is alles in die openbaar gepubliseer, niks was geheim nie. Elke woord wat ons uitgereik het, is deeglik nagevors.
Ons navorsing toon duidelik dat die ANC se roekelose binne- en buitelandse beleid enorme skade aan Suid-Afrika berokken het.
Ten spyte van die ANC se optrede, het die Solidariteit Beweging hom beywer vir die behoud van AGOA en die beskerming van werksgeleenthede in Suid-Afrika. Ons het gepleit dat die land nie gestraf moet word vir ’n roekelose ANC nie.
In reaksie hierop het die ANC ’n verklaring uitgereik waarin hulle beweer het dat ons waninligting versprei wat die land skade aandoen. Hiermee probeer hulle doelbewus en berekend om die blaam af te skuif.
Verskeie mediahuise het hierdie narratief gretig aangegryp. Nie een van die media-instellings wat die ANC se propaganda herhaal het, het die feite wat ons gepubliseer het, getoets nie.
Hulle het eerder bygedra tot die valse beeld dat ons doelbewus onwaarhede versprei. Die situasie het so ver gegaan dat klagtes van hoogverraad teen ons ingedien is. Hierdie klagtes is selfs na die eenheid vir misdade teen die staat ge-eskaleer, en daar is geëis dat ons by die lughawe gearresteer moet word.
Op Vrydag 2 Mei het die persombudsman egter ’n vernietigende uitspraak gelewer waarin Daily Maverick skuldig bevind is daaraan dat hulle nie waar, billik of regverdig oor Solidariteit en AfriForum berig het nie.
Dit is reeds die VYFDE mediahuis wat ’n verskoning moes rig.
Hierdie is ’n ernstige skending van etiese joernalistiek in Suid-Afrika.
Ironies genoeg het mediahuise hulself aan die verspreiding van waninligting skuldig gemaak in hul poging om Solidariteit en AfriForum van presies dit te beskuldig.
Intussen trippel die regering rond oor die hoogverraadklagtes. Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling het op ’n vraag van Carl Niehaus geantwoord dat dit voortydig is om vra oor die klagtes te antwoord. Dit nádat president Ramaphosa met selfvertroue gesê het dat die owerhede ons ondersoek. Sy veiligheidsadviseur, Sydney Mufamadi, het selfs gedreig met sogenaamde "decisive action" teen ons.
Die media en regsprosesse is as wapens teen ons gebruik, maar die tyd het elke misbruiker van mag aan die kaak gestel en skuldig bevind. Die waarheid het geseëvier: ons standpunt is bevestig, en die ANC se propaganda is ontbloot.
Ongelukkig moes die media, die waghonde van geregtigheid en waarheid, self aangekla word oor hul onwaarhede en onregverdigheid. Dit was werklik ’n laagtepunt vir die joernalistiek in Suid-Afrika.
Ek sluit natuurlik die enkele mediahuise uit wat deurgaans met integriteit berig het.
#SONA24@VFPlus@VFplusGP
Flat Coke Sona 24, no bubbles, blame shifting, no solutions, no political capital
Geen oplossings, blaamverskuiwing geen politieke kapitaal
#GeneralElectionN0W