Mannebybelstudiegroep se eerste byeenkoms van jaar is op Woensdag 30 Januarie om 09:00 in Jeug lokaal. Kom kuier gerus saam met ander manne om die Woord. Jy is baie welkom. #menofgod
Luister na die 1ste erediens vd nuwe reeks VERTEL: DRA DIE GOEIE NUUS. Ds Nelis Janse van Rensburg preek vanuit 2 Korintiers 5 oor die tema - Die Goeie Nuus dring ons. https://t.co/Aw3ufrqXw3
Hartenbos Bybel skool Sondae 18:00 en Dinsdae 17:30. Sondae behandel ons die Bybelboeke, en Dinsdae aktuele temas. Ons het twee nuwe dosente, nl. Dr Kobus Smit en Dr Fanie Bergh. Ons sê baie welkom aan hulle! Jy kan enige tyd by enigeen of by beide aansluit. Die beste tyd is NOU.
KIX-kinderbediening by die Laerskool Hartenbos benodig gelowiges met ‘n passie vir jong kinders om te help bedien op Woensdae van 07:30 tot 08:00. Vakatures by gr 3, 5 en 6. Navrae by ds. Johan.
Ondersteuning aan Wupperthal
Ná die verwoestende brand in Wupperthal staan Helderberg Uitreik die gemeenskap by met die volgende behoeftes wat geïdentifiseer is: Formulemelk vir babas, babadoeke, sanitêre ware... https://t.co/wr2jqZSRDp