‘n Drie-gang maaltyd soos geen ander, maar als is nie soos dit lyk nie.👀 Sal vier vreemdelinge – én jy – kan raai wie die Ongenooide gas is? Kom ons vind uit.🤨
Kyk #DieEetkamer elke Maandag om 21:30 op #ViaDStv147.
🍕Hierdie episode is in samewerking met @romans_pizza
The wait is over, the SAFTAs 18 nominations list is out! Congratulations to all the nominees. To see the full list of nominees click here: https://t.co/9l3u5xsY1F
#Saftas
Al ooit gehoor van ‘vrugtekaviaar’?🧐 Ons reis Outshoorn toe om hierdie interessante produk te proe, maak 'n draai by 'n kasboer naby Augrabies en besoek ‘n suikerrietplaas in KZN! Moenie hierdie episode van #Nisboere vanaand om 20:00 misloop nie!🌾
Saam met @LaeveldAgrochem
CD du Toit, ’n toegewyde grondkundige, het op sy plaas vele uitdagings, maar hy omarm bewaringslandbou, gebruik residuele strooi vir vogbewaring, en proe die vrugte van sukses!🙆♂️🌟 Kyk #BoerSaamMetDieNatuur, elke Dinsdag om 19:30.
Saam met @SSK_Group
Naby Bapsfontein in Gauteng woeker Mbali Nwoko as boer, entrepreneur en spreker. Van terugslae kan sy ruim getuig, maar van gaan lê is daar geen sprake nie! Kyk #Landbouweekliks elke Dinsdag om 18:00 op #ViaDStv147.🌾🚜
Saam met @AFGRI@Bayer@dekalb_sa@landbou .
Vandag op #BoerSaamMetDieNatuur gaan kuier ons by Piet Gildenhuys. Hy het van konvensionele na bewaringsboerdery oorgeskakel en ná struikelblokke en inspirasie uit die Suid-Kaap én Australië, getuig sy gesonde grond van sukses en voorspoed!👨🌾🌿 Skakel in om 19:30.
Saam met SSK.
Kom kuier saam met #Landbouweekliks by 'n merkwaardige boerdery! Magmar Beefmasters in Swartberg, word bedryf deur Dawie du Plessis. Ons vind uit vanwaar kom sy sukses. Kyk saam elke Dinsdag om 18:00 op #ViaDStv147.🌾
Saam met @AFGRI@Bayer@dekalb_sa@landbou
Ons skop die eerste episode van #BoerSaamMetDieNatuur af met 'n besoek aan Jacobus Human in die Heidelberg-distrik. Vandag vind ons uit wat maak hierdie boerdery suksesvol. Kom kuier saam, elke Dinsdag om 19:30 op #ViaDStv147.👨🌾
Saam met SSK.
Dis die 300ste episode van #Landbouweekliks en ons kuier in KwaZulu-Natal by Judy Stuart! Sy is iemand met ‘n blywende impak op die landboubedryf!🌾 Kom hoor haar storie vanmiddag om 18:00 op #Landbouweekliks.🚜
Saam met @AFGRI@Bayer@dekalb_sa@landbou
In #Nisboere gaan kuier ons by Mooihoek Berry Farm in die Oos-Kaap, ‘n boer van Setlagole maak wins uit doodgewone karkoere en ons verwelkom Nisboere se nuwe mede-titelborg, JAC Motors Global. Kyk saam elke Sondag om 20:00 op #ViaDStv147.🧑🌾
@LaeveldAgrochem@Laeveld_Agro
Op die reisagenda vandag is Villiersdorp en Botrivier! Perdritte, kwilt-werk, padstalbesoeke en ‘n wynproe is deel van die pret op #PlattlandToe! Kyk saam elke Woensdag om 18:00 op #ViaDStv147.🥳
Met heruitsendings Saterdae om 10:30 en Sondae om 18:30.
Annette het 'n mediese kondisie wat haar vel beïnvloed en sy is selfs geboelie daaroor op skool. Gelukkig kan die dokters van #DrNou haar help om haar selfvertroue terug te wen!🤩 Kom beleef hierdie transformasie vandag om 19:30 op #ViaDStv147.
Saam met @12SmileDentist
David en Bianca ontmoet vir verloofdes Bianca en Keithan. 'n Glanstroue, 'n indrukwekkende huis en 'n droomwittebrood in Japan is op die tafel... Kom vind uit wat hulle kies in hierdie episode van #TrouTrekOfToer! Woensdae om 20:00 op #ViaDStv147!😍
Saam met @FlightCentreRSA
Agter die skerms van hierdie week se #Landbouweekliks-besoek op Rietfontein! Kom kuier saam tussen die kersieboorde!🍒 Skakel in elke Dinsdag om 18:00 op #ViaDStv147.
*Heruitsendings Donderdae 18:30, Saterdae 07:00 en Maandae 18:00.
@AFGRI@Bayer@dekalb_sa en @Landbouweekblad.
Dis amper tyd vir #DieGrootAfskud om af te skop! Maak 'n knoop in jou oor vir volgende Dinsdag, 13 Februarie en skakel in om 20:00 op #ViaDStv147. 💪🏋️♂️🤩
Twee legendariese fopdossers, Manila Von Teez en Kat Gilardi, is ons gaste vandag! Die tonge klap en daar is trane soos ons lag in hierdie laaste #Sterkbek-uitdaging. Kyk vanaand om 20:00 saam!⚡️🔥
Saam met #GelusilSouthAfrica.
Kyk, daar is darem net iets opwindend aan 'n kombuis-makeover! In #HartVanDieHuisMetUniversalKitchens volg ons die proses van begin tot eindel! Kom kyk hoe herinneringe in Minki se nuwe kombuis geskep word! Dinsdae om 17:00 op #ViaDStv147.🥳
Saam met @UniversalKitch4
Die Wes-Kaap se jongboer van die jaar vir 2023, Christi van den Heever leef sy passie uit by Rietfontein. Hy het dié boerdery se omset binne vyf jaar byna verdubbel! Kyk #Landbouweekliks vanmiddag om 18:00 op #ViaDStv147!👨🌾
Saam met @AFGRI, @Bayer, @dekalb_sa, @landbou.
Kom saam #PlattelandToe!🙋 Villiersdorp en Botrivier is hierdie week in die kollig. Hier is 'n paar vinnige feite oor dié interessante dorpies. Skakel Woensdag om 18:00 in vir hierdie episode! #ViaDStv147