Gee jou kreatiwiteit vlerke met jou gunstelingidioom. Belangstellendes van graad 1 tot graad 12 is welkom en daar is heerlike pryse op die spel.
#Afrikaans#idiome
Skakel op Donderdag 28 Mei 2020 gratis in om saam te gesels oor oplossings vir meertaligheid in die Suid-Afrikaanse regslandskap. Registreer hiér: https://t.co/ztTMmo9Gp7
@SAAkademie@Solidariteit@ATKVSA#Afrikaans#regte
Die ATKV kan nie wag om die internetlyne te laat gons met ons splinternuwe DigiProjekte nie.
Daar is iets vir almal, jonk en oud! Ons is baie opgewonde! Inskrywings open 1 Junie. Hou die ATKV se webwerf dop vir volledige inligting.
#Afrikaans#projekte
Hoe goed is jou Afrikaans? Kom wys jou slag in die ATKV en Beter Afrikaans se kompetisie. Selfs al is jou Afrikaans nie te waffers nie, kan jy ook die kompetisie gebruik om jou taalkennis op te skerp. https://t.co/Zb8FRDz7Sc
#Afrikaans#taal#spelling#WeesDieVerskil
Hoe verseker jy dat kinders konstruktief besig bly?
Die antwoord is maklik. Laat hulle lees! https://t.co/gk0uiNrHSe en kyk ook na leestegnieke by https://t.co/6HSgJVhpyp
#Afrikaans#lees#kinders#WeesDieVerskil
Die viering van Wêreldboekedag vandag is vanjaar nog meer relevant as ooit tevore. As gevolg van die inperking kan die wonder van die geskrewe woord gebruik word om eensaamheid en ’n gebrek aan stimulering teen te werk.
https://t.co/yZ1Ia0I2GH
#Afrikaans#WeesDieVerskil#lees
Het jy geweet dat die ATKV-Spelathon se woordelyste reeds op ons webwerf is? Gebruik jou tyd tydens die inperking en spel ’n storm los! Kry die woordelyste hier: https://t.co/uBcXnb4tJA.
Neem ook kennis dat die inskrywings op 1 Junie sluit.
#Afrikaans#Spelathon#spelling#taal
Ons eerste Beter Afrikaans-skolekompetisiewenner is aangewys.
Jou prys is op pad!
Wees op die uitkyk vir die volgende Beter Afrikaans-kompetisie.
#Afrikaans#WeesDieVerskil@beterafrikaans
Kry jy altyd volpunte vir jou Afrikaanstoetse? Dan moet jy deelneem aan ons Beter Afrikaans-kompetisie vir hoërskoolleerders. Jy kan lekker pryse wen.
Klik hier vir meer inligting: https://t.co/C0srwY07ru
#Afrikaans#spelling#taal#WeesDieVerskil
Vandag is Internasionale Moedertaaldag en wat ’n beter manier as om dit te vier as met ons eerste @beterafrikaans kompetisie wenner: Maureen van Helden.
Baie geluk! Jy hou beslis jou moedertaal hoog!
#Afrikaans#taal#kompetisie#WeesDieVerskil
Vandag vier ons Internasionale #Moedertaaldag. @UNESCO se tema vir vanjaar is “Taal sonder grense”. Het jy geweet dat #Afrikaans aan verskeie oorsese universiteite gedoseer word (op die kaart in blou aangedui)? Afrikaans is werklik ʼn taal sonder grense!
Mense kan basiese Afrikaans aanleer en boonop leer hoe ’n mens in Afrikaans flankeer! Jy kan ook jou liefde vir taal kom uitleef deur basiese uitdrukkings in bykans 25 tale te kom leer.
https://t.co/QRLH4PcHHZ
@goethejoburg#Afrikaans#tale#moedertaal